Net handbagasie

“Jy gaan daai bagasie hier moet los, Domingos. Of dit nou jou skuld was of nie. Jy moet dit hier parkeer voor jy ’n kaartjie koop. Gerlach is nie die eerste een wat ons begrawe nie. Jy was saam daar. Angola. Ons het mense verloor. Ons was almal op een of ander manier verantwoordelik, Domingos. Hierdie hande het bloed op. Ons almal s’n.”