’n Veeltalige vakspesifieke termlys: Suid-Afrikaanse rugbyspelers se taktiek om taaluitdagings in Frankryk te pypkan en plettervat

“Kenners stem saam dat spelers eerder taalprogramme of hulpmiddels benodig wat die aanleer van rugbytaal as vaktaal sal vergemaklik. Soos in ander domeine, ontstaan daar ’n unieke terminologie vir rugbyspelers wat aan moontlike gebruikers beskikbaar gestel behoort te word.”