’n Teologiese perspektief op die benadering en bydrae tot die kerk se getuienis in die liedjies van die musiekgroep Prophet

“Die navorsingsdoelwit is die evaluering van Prophet se rol in en benadering in verhouding tot die kerk se getuienisroeping binne die konteks van God se regering (koninkryk). Dit behels ’n kwalitatiewe beskrywende ontleding van lirieke, met verwysings na toepaslike kontekste van ’n aantal uitgesoekte liedjies wat die groep oor ’n tydperk van 28 jaar vrygestel het.”