’n Reis huis toe met Gert Vlok Nel, Confucius en die Spook van Johannes Kerkorrel

"In die ou tyd was ek bang vir vlieg. Ek was bang, want ek wou nog lewe. Deesdae is ek net moeg. Vlieg is vervelig. Dit neem twee uur voordat ons verby die effense turbulensie is en ek my bagasie kry. Tot my verbasing is ek in Lanseria."