’n Ontleding van drie Suid-Afrikaanse uitgewerye (NB-Uitgewers, LAPA Uitgewers en Protea Boekhuis) se Instagram-plasings

“Daar is egter aangetoon dat die aantal hutsmerkers wat saam met ’n plasing gemaak word, geen aantoonbare rol speel in die getal gebruikersreaksies wat die plasing ontvang nie, en dat ’n hoë frekwensie van plasings ook nie noodwendig tot meer volgelinge of gebruikersreaksies lei nie.”