’n Ontleding van die verhoogverwerking van Die mugu (Etienne Leroux) deur Pieter Fourie as kreatiewe herskrywing: ’n genologiese studie

“In Leroux se werk word dit duidelik dat hy dikwels verskillende wêrelde gelyktydig aan bod kan stel en dus vir die leser verskillende wêrelde uit een narratief kan oproep. Om sulke grensoorskrydingsmomente te kan skep, gebruik Leroux ’n hele aantal truuks wat dikwels nou by dramatiese konvensies aansluit.”