’n Ontleding van die Suid-Afrikaanse regsraamwerk met betrekking tot die omgewingsaspekte van breking in die Karoo

Na alle verwagtinge sal breking ‘n beduidende impak hê op die Karoo, haar omgewing en meer spesifiek haar waterhulpbronne, en haar mense, terwyl dit allesbehalwe seker is of die sosio-ekonomiese groei wat voorspel word as gevolg van industriële aktiwiteite in die gebied, die ekologiese impakte sal kan uitbalanseer.