’n Ondersoek na ouerondersteuning aan primêreskoolleerders in skryfvaardighede en -aktiwiteite in lae-inkomstegesinne

“Vanweë hul beperkte kennis van skryfaktiwiteite asook hul eie beperkte geletterdheidsvaardighede, vind laaggeskoolde ouers dit moeilik om doeltreffende ondersteuning te bied. In tandem hiermee speel werksomstandighede ook ’n rol. Werksomstandighede veroorsaak dat sommige ouers nie genoeg tyd het om ondersteuning te bied nie.”