’n Ondersoek na die rol van affektiewe en kulturele faktore in die aanleer van Afrikaans Eerste Addisionele Taal by graad 10-leerders

“Deelnemers voel dat kultuuronderrig as motivering kan dien om Afrikaans as eerste addisionele taal aan te leer. Die resultate toon ook dat deelnemers affektiewe faktore soos angs, motivering, selfvertroue, gesindheid en verveeldheid as belangrik tydens die aanleer van ’n addisionele taal ag.”