’n Ondersoek na Afrikaanse familiefeesbesoekers en hul bywoningsmotiveerders by Aardklop Nasionale Kunstefees

“Deur ’n kwantitatiewe metode te gebruik, toon hierdie navorsing spesifieke bywoningsmotiveerders van die marksegment. Die bevindinge dui daarop dat familiefeesbesoekers die meeste beïnvloed word deur beide teater- en terreinaanbiedinge. Hierdie aktiwiteite versterk gesinsbande, verbreed kulturele horisonne en bied ook waarde vir geld.”