’n Inligtingstegnologie-gesentreerde gebruikerskoppelvlak vir navorsingsdoeleindes binne die geesteswetenskappe met spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde

"Inligting is ’n wesenlike probleem in die 21ste eeu – meer so as in vorige tydperke waar relevante, akkurate inligting uit kleiner datastelle ontgin moes word. Bo en behalwe die problematiek rondom die verifiëring van inligting en die impak wat die leser se vooroordele het, word die hedendaagse mens met ’n data-tsoenami gekonfronteer."