'n Inklusiewe Kersboodskap aan elkeen

  • 6

Sjalom.

'n Rabbi het my op 'n keer geleer dat 'n 100% Jood, beter as 'n 50% Jood is. Dieselfde Rabbi het egter bygevoeg dat 'n 50% Jood ewe veel beter as 'n 25% Jood is. Maar net so weer 'n 25% Jood, beter as 'n 12,5% Jood is ... ensovoorts ...

Die bekende Richard Dawkins bepaal geloof en ongeloof op 'n skaal van 1 tot 7. Punt 1 dui op 'n 100% oortuiging dat God wel bestaan. Hierdie oortuiging daal in grade tot by punt 7 waar iemand 100% seker is dat God nie bestaan nie.

Dawkins ken aan homself 'n punt 6 toe. Daarvolgens bely hy dat hy nie verseker kan weet nie maar glo wel dat God se bestaan iets uiters onwaarskynlik is. So leef hy met die veronderstelling dan dat daar geen God is nie.

Indien ek my Rabbi se leer op Dawkins se punte skaal toepas, sou ek wel kon sê dat 'n 0.78125% gelowige (wat 'n punt 7 op Dawkins se skaal is), steeds veel beter as 'n 0.390625% gelowige wat van Dawkins se skaal af is sal wees.

So kan 'n mens die sommetjie aanhou deel en besef dat selfs die koudste hart denkbaar 'n liggie is wat die duister in die ganse Kosmos kan verdryf.

In die Bybel leer ons ook dat "was jy maar warm of koud - lou word uitgespuug". Hierdie werklikheid staan egter relatief tot elkeen se eie wete - ons word aan onsself gemeet. Ons is elkeen by verskillende mylpale op ons weg. Net God ken ons harte; net God weet wat elkeen van ons weet.

Deur die jare het ek egter agtergekom dat hier wel enkelinge is wat voorgee om koud en kil teenoor hul eie wete staan; sulkes wie terwille van hul ego summier teen enige algemene kennis en hul eie beterwete handel.

Maar dan is daar die oorweldigende meerderheid wat passievol, dit waarvan hulle bewus en oortuig is, entoesiasties met ons almal deel.

(Al sou daar ook sulkes wees het ek eintlik nog nooit iemand wat laks teenoor hul eie gewete of oordeel staan op die werf raak gelees nie).

Dis amper alweer Kersfees.

As ek my som maak is dit duidelik dat ons soos al die jare voorheen, en weereens EEN sal wees in ons vreugde en plesier hierdie feesgety.

Soos altyd nog is elke naam wat ? mens ooit uit sy hart tot eer van ons Almagtige Skepper uitgeroep het vir my heilig. God openbaar Homself na Sy wil in elke mens se hart, kultuur en Godsdiens. Oral sing, dans en verfraai mense tot Sy eer. Die Goeie Nuus is dat Hy ten volle mens vir ons almal geword het. Hierdie Blye Boodskap kan weereens hierdie Kersfees by elkeen se oortuiging en belewenis gevoeg word, ongeag hoe hulle feesvier. Geloof, hoop en liefde is elkeen se empirie in die lewe. My betoog is dat as jy daardie ervaring vir jouself toeëien, jy ander se persoonlike ervaring om te glo of nie te glo nie, hoop en lief te hê, ook moet respekteer. Ag jou ervaring, die plekkie waar jy vandag op jou lewensweg staan. Niemand - nie eens die dood - kan jou dit ontneem nie. Dis joune - net joune!

Kom ons vat hande in ons traan verblinde oë en buig saam voor Jumala, Allah, Yahwe, HaShem, Thathagata, Brahman, Jah, Big Chief, Supreme Being ... en deel so aan die vreugde tot eer van ons EEN Almagtige Lewende Skepper wat ten volle ? mens vir ons almal geword het.

Mag YAHASHUA onse MESAICH, 'chih' in ons almal se HARTE wees hierdie Kersfees; mag Jesus Christus onse HERE gou weer terugkom in Sy Ruimteskip – genaamd die Ster van Bethlehem - en ons almal kom haal hier aan die donkerkant van die maan …

Namaste!

?%Hindoe-, ?%Moslem-, ?%Joodse-, ?%katolieke-, ?%Boeddhistiese-, baie Boeregroete en 100%Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 6

Kommentaar

  • Ja, HaSatan het miljoene liggelowiges gevind en oortuig dat hierdie heidense gebruike vir Yahweh aanvaarbaar is. Moeilike ding die, om twee meesters te dien.

    Die woord Shalom pas geensins in enige skrywe wat die heidense fees van Nimrod se hergeboorte vereer nie.

    Die Pous Gregory het in omtrent die jaar 597 gesê, do not forbid the harmless customs which have been associated with the old religion, consecrate them to Christian use. Harmless?

    Pous Julius het in omtrent 450 gesê dat alle Katolieke die geboorte van 'Christ" moet vier wanneer hulle die Saturnalia fees vier.

    Hierdie heidense gebruike is tot eer van presies dieselfde boosheid wat Messias as 'n baba wou vermoor deur Herodus, maar nou-ja, die Christene het nog altyd geglo hulle weet beter as wat duidelik in die geskrifte staan. En alle christelike kerke ens is afstammelinge van dieselfde misleide Katolieke.

    Ek hoop sommige word wakker voor dit te laat is

    Duitswester

  • CorneliusHenn

    Beste Duitswester, soos altyd het ek respekvolle begrip vir jou beskouing ... ek glo egter dat daar op hierdie oomblik ’n menigte tot eer van ons Skepper in die Paradys jubel wat opreg met hul harte die middel tot die doel geheilig het ... Sjalom, Sjalom.

  • Chris Dippenaar

    Hello Cornelius

    Dankie vir jou boodskap. Alhoewel ek met bitter min saamstem wat jy gewoonlik skryf, is dit duidelik dat jou skrywe hierbo met 'n opregtheid gedoen is wat ek seker is almal waardeer. Moet jou nie te veel steur aan Duitswester nie. Die Jehowah Getuies raak elke jaar as Kersfees nader kom effens "cranky".

    Chris 

  • Hallo Chris,

    nee ek is nie "cranky" nie, ek is ook nie lid van die "getuies" nie. Wat ek wel is, is bang, bang dat miljoene goeie mense mislei word. So onnodig, as hulle net die boek wil oopmaak en lees wat daarin staan i.p.v met goeder trou heidense rituele aanneem as eie.

    Shalom

    Duitswester

  • Dankie Cornelius,

     

    Vir jou Kersgroete. Soos Chris dit stel, jy doen dit met opregtheid, en dit is vir my genoeg. Jou brief bevat mooi seenwense. Maar mag ek maar kies om onder die boeregroete te val?

     

    Geniet jou feesgety. Sjalom.

     

    Trienie

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top