’n Helse gedoente: Dante se mistieke reis. Eerste tog: Inferno. Ingelei, vertaal, toegelig, vertolk

"Een van die groot raaisels in die Westerse godsdienstige lewe is hoekom ordentlike mense, goeie Christene wat in hul daaglikse wandel nouliks ’n vlieg seer sal maak, so dikwels die mees sadistiese en groteske beskrywings kan uitdink oor wat op sondaars en ongelowiges in die hel wag."