Musikale betekenis en metafore van liminaliteit in die liedkuns van Coenie de Villiers

“Die doel van hierdie artikel is om ondersoek in te stel na die wyse waarop musieksimbole en -metafore in ’n aantal van Coenie de Villiers se lirieke gebruik word om die liminale aard van die menslike kondisie te beskryf.”