Multimodaliteit as vertaaluitdaging van strokiesprentvertaling: Calvin and Hobbes as gevallestudie

“In hierdie artikel word uitsluitlik op die multimodale uitdagings, oftewel teksspesifieke uitdagings van strokiesprent­vertaling, gefokus: die vertaling van nieverbale elemente, oftewel die hantering van multimodale kwessies. Ondersoek is na die vertaalproses van strokiesprente ingestel om aan te dui voor watter vertaaluitdagings die vertaler in die besonder tydens die vertaling van ’n multimodale teks (soos ’n strokiesprent) te staan sal kom, en hoe die vertaler hierdie uitdagings kan oplos of oorkom.”