Manlikheid, demonologie en sielsgesondheid in Johannes Chrusostomus se retoriek oor die biskop-martelaar Babulas teen die Romeinse keisers

“In sy tekste oor Babulas gebruik Chrusostomus drie keisers om aan te toon hoe die nuwe Christelike standaard van manlikheid ook op die hoogste gesag in die Ryk toegepas kan word. Waar die keiser dikwels in die verlede die toonbeeld van konvensionele Romeinse manlikheid was, vervang die figuur van die biskop of martelaar diĆ© posisie.”