Mango met hoogsomer in die lyf

“In die sappige vlees en soet smaak van ’n mango proe jy die oordaad van hoogsomer. En dis ’n ou vruggie wat jy ook nie sommer so in ordentlike geselskap kan eet nie. Die beste manier om ’n mango te eet, sê hulle, is om die badkamerdeur te sluit, jou klere uit te trek en in die bad te klim.”