Loeloeraai as steampunk? Oor die uitbeelding van die wetenskappe 100 jaar gelede

Steampunk, binne hierdie beskouing, word gedefinieer as ’n subgenre van wetenskapfiksie wat afspeel in die verlede en waarin moderne tegnologie, soos wat dit vandag bekend is, nog nie bestaan het nie. In kort is dit narratiewe wat ooreenstem met wetenskapfiksie, maar sonder dat die digitale era ooit plaasgevind het.”