LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se tweede Kommadagga-slypskool

LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se tweede Kommadagga-slypskool vind vanjaar van 5 tot 26 Oktober 2021 in Somerset-Oos plaas. Belangstellendes wat op kortverhale, rubrieke, tydskrifstories, artikels of meningstukke wil fokus en nog nie voorheen ’n boek gepubliseer het nie, kan nou aansoek doen.