LitNet-blokraai: Lewenswetenskappe

  • 2

“Lewenswetenskappe” is die wetenskaplike studie van lewende dinge vanaf molekulêre vlak tot en met hul interaksies met mekaar en hulle omgewing. Om aanvaar te word as ʼn wetenskap, is dit nodig om sekere metodes te gebruik vir die verbreding van bestaande kennis, of om nuwe dinge te ontdek. Hierdie metodes moet hulself leen tot replisering en ʼn sistematiese benadering tot die wetenskaplike ondersoek. Die metodes sluit in die formulering van hipoteses en die uitvoering van ondersoeke en eksperimente so objektief as moontlik om die hipoteses te toets. Herhaalde ondersoeke word uitgevoer en aangepas. Die metodes en resultate word geanaliseer, geëvalueer en gedebatteer voordat hulle as geldig aanvaar word, deur die wetenskaplike gemeenskap.

Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.

Die digitale weergawe kan jy direk op die skerm invul. Dit is interaktief, tik die antwoorde op die skerm van ’n rekenaar of slimfoon; koppel die rekenaar aan ’n dataprojektor of slimbord vir die klaskamer.

Die PDF-weergawe kan jy uitdruk.

Hier is die antwoordstel.

As jy leidrade soek, loer hier.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top