LitNet-blokraai: Die advertensiewese

  • 0

Reklame bied ’n glanslewe. Omtrent alles waarvan jy hou, is daar. Mooi mense en slim mense, luukse kantore en lewendige ateljees, kunstenaars en boekhouers, storiemakers en liedjieskrywers, deurnagte en glanspartytjies. Dis ’n uitdagende wêreld vol sprankelende geselskap. Maar jy moet vinnig op jou voete wees. Dinge gebeur vinnig en jy kan jou vingers verbrand as jy nie beplan nie.

Jonk en oud kan hierdie blokraai geniet, by die huis of in die klaskamer.

Die digitale weergawe kan jy direk op die skerm invul. Dit is interaktief, tik die antwoorde op die skerm van ’n rekenaar of slimfoon; koppel die rekenaar aan ’n dataprojektor of slimbord vir die klaskamer.

Die PDF-weergawe kan jy uitdruk.

Hier is die antwoordstel.

As jy leidrade soek, loer hier.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top