LitNet Akademies Weerdink: Om ’n transnasionale grootouer te word (waar wetenskap en kuns ontmoet)

“Die emigrasie van individue en gesinne is vandag baie Suid-Afrikaners se werklikheid. Heelwat jong mense soek na groener weivelde elders in die wêreld. Hierdie groot verandering eis ’n tol op die emigrante én diegene wat in Suid-Afrika agterbly.”