LitNet Akademies-resensie-essay: Broedertwis deur Albert Blake

“Broedertwis word gekenmerk deur die helder betoog wat Blake uit ’n magdom gegewens opbou, sonder om ooit sy hooftema uit die oog te verloor: die konflik tussen Christiaan de Wet en sy jonger broer, Piet de Wet, tydens die Anglo-Boereoorlog wat hulle vervreemding veroorsaak het en nie ná die oorlog tot versoening gelei het nie.”