LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2017

  • 29

’n Woord kan ’n tydsgees vasvang.

  • In 2013, toe LitNet die eerste keer LitNet se "Suid-Afrikaanse woord van die jaar"-kompetisie aangebied het, was die woord op almal se lippe "e-tol".
  • Een van 2014 se mees emotiewe woorde was "beurtkrag". (Sien "Woorde van 2014", deur Willem Botha en die WAT.)
  • In 2015 was daar vuurwarm diskoers rondom studenteprotes en hutsmerkveldtogte. Die # is aangewys as wenner.
  • In 2016 het politieke terme die hoogty gevier en "staatskaping" is aangewys as die wenner.

Wat is 2017 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat?

LitNet sal R1 000 toeken aan een woord, die sterkste inskrywing volgens LitNet se redaksie. 

Indien die woord van die jaar deur meer as een persoon ingeskryf is, sal die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.

Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom. Inskrywings in kommentare op die sosiale media en LitNet sal nie oorweeg word nie.

Kompetisiereëls:

  • Stuur jou woord voor middernag op 15 Desember 2017 aan litnetwoord2017@litnet.co.za.
  • Deur in te skryf, stem jy toe dat LitNet jou mag inteken op die weeklikse nuusbrief wat na jou e-posadres gestuur word.
  • LitNet behou hom die reg voor om geen prys toe te ken nie.
  • 29

Kommentaar

    • Christine le Roux

      Brrrrr! Ek neem aan dis tong-in-die-kies gesê ... Kan ons groot aseblief hierdie woord hel toe stuur! Asook "baby"en "awesome" en die uitdrukking: "soos in ... "

  • Arrie de Beer

    Sonja Brown, ek is bly om aan jou oor te dra dat “vertwêr” nou amptelik ’n Afrikaanse woord is, in elke geval volgens WAT.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top