Lewenswetenskappe: Statiese elektrisiteit in die insekwêreld

“Statiese elektrisiteit kom ook in die natuur voor. Insekte maak gebruik van statiese elektrisiteit om rond te beweeg, om stuifmeel te versamel en om hul vyande te vermy. Bye kan, deur van statiese elektrisiteit gebruik te maak, stuifmeel versamel sonder om eens daaraan te raak. Terwyl ’n by vlieg, versamel sy statiese elektrisiteit as gevolg van die wrywing tussen haar vlerkies en die lug.”