Leon Retief se darwinisme-verdediging

  • 27

Dankie, dr Retief, vir u moeite om kommentaar te lewer op wat ek in my kommentaar tot dr George Claassen se rubriek-skrywe, al gaan dit nou ook sommer met die intrapslag gepaard met daardie kenmerkende arrogante agnostiese slegsê-slenter. Ons neem dit maar van wie en waar dit kom.

U het ’n baie lywige kommentaar gelewer en ek sal dit as sodanig aanspreek.

Wat my opval - en dit is dan ook die odes wat u van Claassen en de Pauw ens toegedig word – is dat u krediet gegee word dat u alles ‘weerlê’ het wat ek weergee, maar by nadere ondersoek blyk dit dat u slegs met enkele aspekte wat deur my uitgewys is, handel en die ander (geriefshalwe?) ignoreer asof ek dit nie geskrywe het, nie. Ek verwys hier dan ter herinnering spesifiek na die aspekte waar ek verwys na Claassen se aanname dat lewe op aarde ongeveer 3,8 miljard jaar gelede ontwikkel  het deur ’n proses van evolusie uit ’n oersop (primal soup), soos Charles Darwin dit in ’n brief aan ’n vriend genoem het en dat daar genoeg wetenskaplike bewyse bestaan reeds vir hierdie teorie oor die ontstaan van lewe in al sy kompleksiteite. Let op die inhoud van die vetdruk. Waar is die tasbare bewyse? Wat is die kontroles en toetse waarop die aansprake berus? Waar is die bewyse vir die hipotese wat tot teorieë wat tot ‘feite’ verhef is? Op welke manier is ek hierin weerlê? Op welke manier beantwoord dit aan Claassen se eie standaard dat mens moet vra “is daar bewyse vir hierdie stelling”?  En natuurlik, met bewys bedoel ons werklike bewyse en nie bespiegelings en aanvegbare hipotese, nie.

Ek meen ook dat u geeneen van die kritiek wat ek geopper het, weerlê het nie, maar met groot omhaal van woorde eintlik maar net op die oppervlak om die kwessies gedraai het sonder om die werklike knelpunte aan te spreek en te weerlê met feite. Ek sal die moeite doen om dit uit te wys aan die hand van u eie bespreking.

U maak vermelding van jong aarde kreasioniste ter hantering van my kommentaar. Ek sien nie die relevansie nie. Hoewel die jong aarde kreasioniste se deurdringende ondersoek en ontbloting van die darwinistiese evolusieleuen van uiterste waarde is en duidelik nie deur evolusioniste weerlê kan word, nie, is hulle aansprake op tydsverloop vir my nie korrek nie, weens ’n baie ondeurdagte interpretasie van Skrifte wat betrekking het en dat hulle sommige dele in Skrifte, wat hulle aannames in ’n heel ander perspektief plaas, nie in ag neem, nie. Hulle is dus reg as hulle sê dat God die skepping in ses dae volbring het, maar hulle is nie reg as hulle wil voorgee dat God ook die aarde en die kosmos in dieselfde proses geskape het, nie. Om tot daardie gevolgtrekking te kom, moes hulle ander relevante Skrifte buite rekening laat, wat ’n fout is. Die Skrifte dui aan dat aarde en die kosmos deur God geskape is vóór die huidige skepping van lewe op aarde soos vanaf Genesis 1:2 en verder, vermeld word in die relevante gedeeltes wat daarmee handel- presies wanneer, weet ons nie met verwysing na die Skrifte nie. So ook met die presiese duur van die Skeppingsdae – ons weet juis nié uit die Woord, hoe lank die eerste vier Skeppingsdae was, nie, maar wel die twee laaste Skeppingsdae. Hulle is ook verkeerd, saam met die evolusioniste, as hulle meen dat daar nie vorige lewe op aarde was, voor God die huidige bestel geskape het, soos in Genesis 1:2 ev weergee word, nie. Dit is wel die eerste skepping van mense. Die Woord gee duidelik te kenne dat God die lewe op aarde van tyd tot tyd vernuwe. Ek het al elders meer breedvoerig hieromtrent uitgebrei.

Ons kyk nou weer na die Purdue universiteit se navorsing omtrent die invloede wat die konsekwentheid van radioaktiewe verval beïnvloed. Die gebruiklike persoonlike aanvalle op die integriteit van die betrokke kenners is natuurlik  weer in u beredenering te vinde, asof dit enige effek sou hê op die feite van hulle bevindinge. Hoe onnodig. U argument dat ek kwalitatief eerder dan kwantitatief na die saak kyk, is net half waar. Wat u nie raaksien nie, is dat die kwalitatiewe juis noodwendig ’n wesentlike invloed het op die kwantitatiewe produk of resultaat. As die kwalitatiewe ’n aberrasie tot gevolg het dat daar ’n fluktuasie is, is daar geen manier om met dieselfde toetsmetodes en materiaal vas te stel wat presies die kwantitatiewe aberrasie sal wees, nie. Die beskikbare toetsmetode wys slegs ’n deel uit, waar dit tevore verbloem verbygegaan het weens die ontoereikendheid van die metode. Daar is geen manier om te verseker dat die effek van geoneutrinos, byvoorbeeld, deur die toetsmetode uitgewys sal word, nie. Waarskynlik nie. Tewens, tevore was waarskynlik verkeerdelik aangeneem dat neutrinos van watter aard ook al, geen effek op materie sal hê, nie. Dit is na alles die tekortkomende metode wat in die eerste plek daarvoor verantwoordelik was dat die aberrasie nie vroeër uitgewys is, nie – wat ookal die werklike oorsaak daarvan - ten spyte van bykans die beste deel van ’n eeu se aanwending daarvan. Dus, die resultate van die toets is maar net so betroubaar of onbetroubaar soos die integriteit van die toets, self. As daar dan, soos in hierdie geval, blyk dat die toets se integriteit so swak is dat dit die inherent aberrasie nie uitgewys het nie en dit slegs heel toevallig agtergekom is, dan is die toets onbetroubaar en kan daar met geen mate van sekerheid gesê word watter ander verborgenhede nog deur die toets glip nie en ook dat die 0,1% as gevolg daarvan, veel hoër kan wees en dit ook boonop in wisselende grade van intensiteit, invloed uitoefen.

Onthou, die ontdekking van hierdie fenomeen staan in sy infantiele skoene – soveel só dat u nie eens self seker is daarvan, nie. Wat verdoesel die ongesofistikeerdheid en ‘ongevoeligheid’ van die toets, nóg?  Maar u klou steeds vas aan die toets self asof die toets betroubaar is, terwyl dit juis as onbetroubaar uitgewys is sonder dat die volle omvang daarvan bekend is en sal bly en sonder dat die toets werklik die oorsake kan identifiseer en kwantifiseer, met die huidige metodes wat ontoereikend, is. Daarom val al u argumente rakende die son en ander elemente se neutrinos se beweerde effek plat, omdat daar duidelik nie toetse bestaan om die volle konsekwensie van die invloed van neutrinos, geoneutrinos of ander partikels te bepaal, nie. Dat daar wel invloed is, staan nou redelik vas, maar tot watte mate? Die beskikbare toetse is só ongesofistikeerd dat dit nie hierdie fenomeen vroeër kon openbaar, nie. Dus kan mens met sekerheid aanvaar dat dit ook nie die volle invloed van die aberrasies sal openbaar, nie. Dit is dus ’n splinternuwe, onontginde veld wat u steeds aan die hand van ou, onbetroubare metodes wil evalueer. Trouens, dit is nie eens seker of dit dalk ander, tot dusvêr onbekende, partikels is wat die radioaktiewe verval frekwensie beïnvloed, nie – die effek is dus al gedeeltelik sigbaar, maar die oorsaak steeds verbloem weens die ongesofistikeerdheid van die toetsmetode. Hoe kan u dus hoegenaamd staatmaak op die twyfelagtige metodes? Dit is die punt wat u skynbaar geheel en al ontglip en u hele argument in duie laat stort.

Die effek hiervan is dat daar in die lig van die onbekendes en die feit dat dit wel bestaan, maar die invloed daarvan, nie bepaal kan word, nie, ook nie voorgehou kan word dat die ouderdomme van materie wat in die evolusieteorie gebruik word, wat bereken is aan die hand van die geaffekteerde metodes, nie met enige sekerheid gesê kan word dat die berekeninge wat daarop berus, betroubaar is nie, maar eerder die teendeel.

Dan moet ek vermeld dat u ongevraagde kras hantering van die integriteit van die wetenskaplikes betrokke by hierdie studie, by my die onmiskenbare stank van ’n sterk skeut professionele jaloesie laat … wat, indien dit so is, natuurlik vir u bevooroordeeld sal stem en ook u eie oordeel sal beïnvloed,  vanweë die invloed wat dit op die integriteit van u eie wetenskaplike publikasies  mag hê as diegene wat deur u gekritiseer word, reg is en u het dit nie self agtergekom, nie. Ons weet mos hoe dit soms werk in die wêreld van die professionele wetenskaplike in die akademie.

Die Cassini ruimtetuig plutonium argument berus op dieselfde toetsmetodes.

U argument oor radon gaan ook nie juis op, nie. Eerstens, as radon dan nog altyd ’n effek sou hê, sou ander wetenskaplikes wat oor die dekades heen tot vervelens toe met die toetse werk, die aberrasie wat Fischbach-hulle opgemerk het, mos al lankal agtergekom, het. As u reg moes wees en die radon is verantwoordelik vir die aberrasie, sou die resultate haas onbepaalbaar wees omdat daar nog nooit voor getoets is of voor voorsorg getref is in die aanwending van die koolstof toetse, nie. Maar nee. Verder is u argument oor die konsentrasie radon by temperatuurwisseling vanweë digtheid, ook nie aanvaarbaar, nie. Vir u om reg te wees, sou wetenskaplikes dan die aberrasie lankal opgemerk het. Verder, as u reg sou wees dat die bestralingseffek deur temperatuurwisseling sou toe- of afneem, sou dit beteken dat die insidensie van radon molekules sou moes wissel – die aantal radon molekules sou moes toeneem en afneem, terwyl dit in u voorbeeld nie die geval is, nie. Al wat geaffekteer word, is dat dieselfde hoeveelheid molekules radon in die kouer of warmer atmosfeer meer gekonsentreer of versprei per volume lug of atmosfeer sal wees, maar altyd in verhouding tot die lug of atmosfeer waarin dit voorkom en dus bly die bestralingseffek van die radon daarbinne, gewoon konstant, anders sou daar weens die termodinamiese effek en die gevolglike kompaksie en uitsetting, iewers ’n vakuum (wat veroorsaak word deurdat molekules uit daardie spasie weens kompaksie verplaas word sonder dat iets die plek daarvan inneem) moes ontstaan, wat nie gebeur, nie.

U vermeld dat u nie verstaan wat ek bedoel met ’n hipotetiese teorie, nie. ’n Hipotese in hierdie sin, is blote ongegronde konjektuur sonder die verwagting dat dit ooit bewys sal word. Wetenskaplike teorie, daarenteen, is ’n model wat op feite berus met ingeligte aannames om die leemtes waar feite ontbreek, te vul, totdat die aannames met feite vervang word – dan is dit nie meer ’n teorie nie, maar ’n gegewe. ’n Hipotetiese teorie is ’n monstertjie waar ’n hipotese (ongegronde konjektuur) geneem word en verhef word tot ’n model wat as grondslag dien waarop ander teorieë gebou word, terwyl daar geen realistiese hoop bestaan om die hipotetiese teorie ooit te bewys, tot feit te verhef, nie. ’n Feit is tog ’n gegewe wat vasstaan en geen verdere bewys behoef, nie.

Nou, die ganse darwinistiese tipe hipotetiese teorie rondom die ontstaan van lewe, is juis so ’n monstertjie. Tog is die evolusie-stamboom daaromheen gebou. Ten minste die hele stam met die hoofvertakkings daaraan, is part en deel van dié monstertjie. Die ander wetenskaplike teorie (ons noem dit so omdat die feit daarvan vasstaan, maar die detail nog gevind moet word), naamlik dat daar ’n intelligente ontwerpte plan is waarvolgens lewe en die diversiteit daarvan in al die hoofsoorte en subsoorte daarvan, deur die Skepper tot stand gebring, is, word gewoon oor die hoof gesien en met aardigheid summier verwerp omdat hierdie teorie dan nou kwansuis nie aan die sogenaamde wetenskaplike metode onderwerp kan word, nie. Daar word nie objektief na die saak gekyk en erken dat daar net nog nie ’n metode ontwikkel is om daarvoor te toets, nie, nee - die teorie word sommerso afgemaak weens vooroordeel, vrees vir die onbekende en gebrek aan metode. Ek sien dieselfde trant by u ten aansien van sommige van Sturrock se werk – daardie deel van sy werk wat u nie kan verstaan nie - pure onwetenskaplike vooroordeel. Maar tog is die ander, véél meer onbewysbare darwinistiese styl evolusionistiese hipotese monstertjie waarna ek verwys, sommerso aanvaar.

Dit getuig natuurlik van onwetenskaplike dubbele standaarde en uit en uit aanduiding daarvan dat darwinisme bloot maar ’n agnostiese religieuse filosofie is wat, weens die ooglopende agnostiese aard daarvan (die doelbewuste ontkenning van betrokkenheid van die Intelligente Ontwerper ten spyte van alle getuienis en aanduidings ten gunste daarvan) wat weens die aard daarvan, uit die sekulêre dissiplines, soos die natuurwetenskappe, ’n voertuig moet soek om dié religie te bevorder. Elders maak Claassen – báie onwetenskaplik - byvoorbeeld die aanmerking dat hulle nie nodig het om hulle met (‘n) God (die Skepper)  te bemoei, nie - terwyl daar soveel wetenskaplike getuienis en aanduiding en bevestiging is van die betrokkenheid van die Skepper as Beplanner en uitvoerder van die natuurwetenskaplike  wonders, waarvan daar legio, is.

Die hantering van Michael Ruse se gesprek is maar net ’n herhaling van wat hy gesê het. Wat u daarmee probeer bereik, slaag nie. Hoe u ook al probeer, het Ruse baie duidelik gesê wat hy gesê het – en niemand het beweer dat hy nie meer ’n evolusionis is, nie. Maar dat hy ’n ommekeer gemaak het ten aansien van sy vorige standpunt tydens sy getuienis voor die hof, word ook in u eie aanhalings uitgewys. Wat bereik u dus met die lang relaas? Die punt is bevestig  - daar is ’n toenemende kentering in die geledere van die geharde darwinistiese tipe evolusioniste om meer erkenning te verleen aan die filosofiese en agnostiese religiositeit van die darwinistiese tipe evolusieleer. Dit impakteer direk op die darwinistiese tipe evolusieleer waar dié aanspraak maak op alleen-staanplek by die wetenskap podium. Die intense ongeloofwaardigheid van die darwinistiese evolusieleer as suiwer natuurwetenskaplike benadering is vinnig besig om na vore te kom en Ruse is gevoelig daaroor – sien gerus sy blog waar hy die kwessie aanspreek van tyd tot tyd. Ruse se brief aan u neem hierdie punt nie vir u verder nie, maar bevestig eerder wat ek sê.

U kommentaar oor die evo devo en punctuated equilibrium gaan ook nie op, nie. Die feitelike resultate van Evo devo is vir alle praktiese doeleindes doelmatig besig om weg te beweeg van die oorspronklike fondasie premis van die darwinisme, naamlik die intelligensielose, ongerigte, toevallige (lukrake) ewekansige seleksieproses as grondslag vir die ontstaan en ontwikkeling van lewe en spesies. Evo devo bring nou mutasie by, om die seleksieproses te ‘kalibreer’ en spits hom toe op die mikro biologie. Maar die feitelike bevindinge daar is veel eerder getuienis vir hoogs gerigte, intelligente ontwerp, as vir die darwinistiese model. Die werk van ’n Dawkins tipe blinde horlosiemaker tipe stelsel (’n teoretiese poging om die klaarblyklike intelligensie wat uit die prosesse se samestelling en funksionering blyk te probeer verdiskonteer) om die kompleksiteit van die biologiese prosesse te probeer verduidelik, is eweneens ’n klap in die gesig van wat deur evolusioniste verwag, word.  ’n Blinde kan nie sien nie en kan nie ’n komplekse DNS programmeer nie en is die chaotiese resultaat van sy werk dieselfde as ’n intelligensielose se chaos. Andersyds weer, sal só  ’n blinde, om wel resultaat te bereik, oor abnormale hoe intelligensie moet beskik om sulke komplekse resultate suksesvol te bewerkstellig. Dus, die evolusionis kan eenvoudig maar net nie wegkom van die intelligente ontwerp van alles waarmee hy te doen kry, nie. Evo devo se feitelike resultate wys vir ons die ontwerp van hoogs gespesialiseerde DNS en genetika wat lewensonderhoudend funksioneer. Dit is volkome te versoen met die doelmatige beplanning van die Skepper, Wie in antieke tye al aangedui het dat hy lewe só lewensonderhoudend geskep het, soos in baie beknopte formaat, in Genesis aangeteken, is.

Maar steeds kan die evo devo en die darwinis oor die algemeen, nie verklaar hoe  die uiters komplekse DNS, byvoorbeeld, tot stand gekom het, nie. Deur en deur en baie logies, die resultaat van sorgvuldige beplanning en onbegryplik groot intelligensie se betrokkenheid – dié van die Skepper.

Punctuated equilibrium is deur Gould en Eldredge (as ek reg onthou) ontwikkel om die leemtes, wat die fossielrekord uitwys in die darwinistiese aanspraak op die nodigheid van volledige reekse oorgangsfossiele om evolusie te demonstreer, mee te vul. Hoe u dit kan probeer ontken, is kwalik regverdigbaar. Wetenskaplikes is gekonfronteer met massas fossiele, maar volledig gevormde fossiele wat dui op plotselinge ontstaan van lewe van ’n soort en dan weer verdwyning daarvan, sonder enige verdere noemenswaardige ontwikkeling – die stasis waaroor Mayr en ander hulle so beklae het. Dit wat as oorgangsfossiele beskou word, is geen uitsondering, nie. Ook hulle is volledig as soorte en verdwyn volledig as soorte, na tydsverloop deur daardie selfde knaende stasis gekenmerk. Maar daar is ’n wetenskaplike verklaring daarvoor – ons sien uit Genesis dat dit presies juis die manier is hoe God geneig is om te skep – volledige soorte.

Die darwinis sal nie beswaar hê as iemand kom en as deel van ’n wetenskaplike voorlegging erkenning verleen aan die ontwerper en skepper van ’n objek of metode, nie (sal selfs vir hom soms ’n Nobel toeken daarvoor), maar sodra iemand die ewe ooglopende waarheid, dat God die Ontwerper en Skepper is, kom voorhou, kry die agnostikus soos u en u sielsgenote ’n koue sweet uitbarsting en wend julle tot beledigings, verdagmaking en skeltaal soos skoolseuntjies wat grootmenstaal aangeleer het (sien gerus weer die aanhef van u kommentaar onder beantwoording). Onlogiese en inkonsekwente optrede, nie waar, nie?

Dus, weereens is die feitelike bevindinge eier in die gesig van die darwinistiese evolusioniste (tensy hulle geheel en al wegbeweeg van die darwinistiese enkel-stamboom niets-na-iets konsepte) en ’n ooglopend relevante bevestiging vir die Genesis skeppingsgebeure as werkswyse van die Skepper. Punctuated equilibrium is nou die teorie wat deur evolusioniste voorgehou word as poging om die gapende leemtes in die darwinisme te vul.

Niemand het gesê dat al die werk wat deur evolusioniste gedoen word, verwerplik is, nie. Tewens, ek sê gedurig dat baie van hulle werk vir ons baie nuttig is, maar nie die verregaande spekulasie en hipotese wat hulle daaraan koppel en dan as biologiese feite wil verhef, nie. Wat ek sê, is dat die feitelike, rou, resultate van hulle werk veral ondersteuning bied vir die ooglopende intelligente beplanning en ontwerp van die biologiese prosesse en veral ook die skeppingsgebeure van Genesis ondersteun as hulle eie filosofiese agnosties-religieuse hipotese.

Kobus de Klerk

  • 27

Kommentaar

  • Kobus

     
    Uitsonderlike aansprake vereis uitsonderlike bewyse. 
     
    Hou op om jou tyd te spandeer om kreasionistiese webblaaie (swak) te vertaal en trek vir jou 'n wit jas aan en begin bewyse versamel vir jou aansprake. Tot tyd en wyl jy ons kan verwys na gesgahebbende navorsing om jou intelligente ontwerp-teorie te ondersteun, bevestig jy bloot jou matelose onkunde met skrywes soos hierdie.
     
    Het jy al kon dink aan daardie gesaghebbende universiteit wat kreasionisme as basis gebruik vir die aanbieding van biologiese wetenskappe. Jou onvermoë om die lastige ou vragie te beantwoord maak van  jou 'n waardige meester-kluitjiebakker.
     
    Groetnis
    Thomas
  • Kobus de Klerk skryf:

     
    [[[Dit getuig natuurlik van onwetenskaplike dubbele standaarde en uit en uit aanduiding daarvan dat darwinisme bloot maar ’n agnostiese religieuse filosofie is wat, weens die ooglopende agnostiese aard daarvan (die doelbewuste ontkenning van betrokkenheid van die Intelligente Ontwerper ten spyte van alle getuienis en aanduidings ten gunste daarvan) wat weens die aard daarvan, uit die sekulêre dissiplines, soos die natuurwetenskappe, ’n voertuig moet soek om dié religie te bevorder.]]]
     
    ---Kobus, wat is die teorie van Intelligente Ontwerp, en hoe kan ek hom toets d.m.v. waarneming/eksperimentering?
     
     
  • Beste Kobus, 

    Volgens jou het Charles Darwin aan ? vriend geskryf dat lewe 3.8 miljard jaar gelede deur ? proses van evolusie uit ? oersop ontstaan het. Kan jy my asseblief ? verwysing gee, want ek soek ? afskrif van hierdie brief. Wanneer het hy dit geskryf en aan wie? Soos ek dit verstaan is die idee van ? oersop afkomstig van ? Russiese bioloog, Alexandr Oparin (1924), en die genetikus, John Haldene. 
    Groete, Angus
  • Beste Kobus,

    Met die herlees, vra ek om verskoning vir my vraag aan jou. Ek moet dit eintlik vir George Claassen vra waar en wanneer het Darwin geskryf van 'n oersop.
    Groete
    Angus
  • Beste Kobus,

    Het jy enige "tasbare bewyse" oor hoe lewe op aarde ontstaan het? Miskien kan ons uitruil. Jy gee my joune, en ek gee jou myne.
    Groete
    Angus
  • Hallo Kobus

    Ek sien jy probeer nog steeds om mense te mislei deur lang Gish Gallops.

    Ek kan jou een voorbeeld  aanhaal waar jy en jou bronne oneerlik was.

    Jou woorde:  “Navorsers by Stanford en Purdue universiteite het ’n baie opspraakwekkende ontdekking gedoen, naamlik dat die afbrekingstempo (decay rate) van radioaktiwiteit wat vir radiometriese datering gebruik word, na alles, nié konstant is nie en dus is alle toetse onakkuraat gebruik is, omdat daar aangeneem is deur wetenskaplikes dat die afbrekingstempo ’n konstante, is”

    Totaal onwaar.

    Jou navorsers het “bevind” dat die vervaltempos van Si-32 en Cl-36 ‘n baie klein verandering toon.

    Die feit dat sekere radioaktiewe isotope se vervaltempos kan varieer is al vir baie jare bekend. Radioaktiewe nukliede,  wat verval deur elektronvanging, byvoorbeeld, se vervaltempo word beïnvloed deur eksterne faktore soos ekstreme druk, ens. Hierdie verandering is minder as 0.2%. Dus, te min om enige verandering aan die datums te gee.

    Hier is ‘n bron.

    Emery, G. T., 1972. Perturbation of nuclear decay rates. Annual Review Nuclear Science 22: 165-202.

    Let wel die datum. 1972. Dus, niks nuuts nie.



    Dit is dus baie oneerlik om voor te gee dat jou “navorsers” se bevindings enigsins “nuut” is.  Dit is nie. Beide jy en jou navorsers was oneerlik.

    Verder, kenners het baie breedvoerig,  met duidelik uiteengesette redes,  jou navorsers ekperimentele werkwyse bevraagteken en dus hul resultate ook. Daarom word hul bevindinge geensins aanvaar deur die wetenskaplike konsensus nie.

    Die radioaktiewe vervaltempos van isotope wat gebruik word in radiometriese datering is nog nooit waargeneem om te verander sedert dit gemeet kan word nie (wel ten minste binne die grense van onsekerheid). Hierdie veranderinge van 0.1%, as dit waar sou wees,  is heeltemal te klein om datering wesentlik te beïnvloed, aangesien dit minder is as die grense van onsekerheid.

     Verder, breedvoerige eksperimente is a gedoen om hierdie vervaltempos van isotope gebruik in ouderdomsbepalings te meet. Byvoorbeeld, direkte waarneming van Supernova 1987A.

    Supernovas produseer ‘n groot hoeveelheid radioaktiewe isotope. Hierdie isotope produseer gamma strale met frekwensies en wegsterwingstempos wat voorspelbaar is met die gebruik van vandag se vervaltempos.  Dit is presies teen dieselfde tempo as wat vandag se vervaltempos is. Dus, Kobus, 169 000 ligjare terug, was daardie tempos dieselfde as vandag. 169 000 jaar terug,Kobus, was die vervaltempos wat ons gebruik vir datering dieselfde as nou.

     Daar’s baie sulke voorbeelde. Dis oor en oor getoets. Jy behoort dit te weet as jy net bietjie weier lees as drogwetenskaplike bronne en begin om wetenskaplike bronne te lees.

    Jy skryf: Die gebruiklike persoonlike aanvalle op die integriteit van die betrokke kenners is natuurlik  weer in u beredenering te vinde, asof dit enige effek sou hê op die feite van hulle bevindinge. Hoe onnodig.

    Daar is ‘n  baie goeie rede om die navorsers se bevindinge te bevraagteken omdat hulle probeer om mense te mislei. Wat is hul eksterne motiewe?

    Een doel vir die misleiding is gekry: Sturrock was die stigter van die Society for Scientific Exploration, wat op hul eie webblad skryf:

    The Society for Scientific Exploration (SSE) is a professional organization of scientists and scholars who study unusual and unexplained phenomena. Subjects often cross mainstream boundaries, such as consciousness, unidentified aerial phenomena, and alternative medicine, yet often have profound implications for human knowledge and technology. (My vettdruk)

    http://www.scientificexploration.org/

    Dus, dit steek die grense van wetenskap oor. Pseudowetenskap. Hulle probeer dinge soos godsdiens by die agterdeur insmokkel in die natuurwetenskappe in deur voor te gee hulle doen wetenskap.

    Daar is die motief waarom daardie “navorsers” mense probeer mislei,  gekry.

    Jy skryf:  U argument dat ek kwalitatief eerder dan kwantitatief na die saak kyk, is net half waar. Wat u nie raaksien nie, is dat die kwalitatiewe juis noodwendig ’n wesentlike invloed het op die kwantitatiewe produk of resultaat.

    Nee, hy was heeltemal reg.

    Derek

  • George Claassen

    Soos gewoonlik is Kobus de Klerk al weer besig om sy "wetenskap" selektief te lees. En soos gewoonlik praat hy totale onsin.

    Angus, Darwin het die konsep van ’n primordial soup in a "warm little pond" as die oorsprong van lewe in ’n brief in 1871 aan sy vriend, die wetenskaplike Joseph Hooke, gemaak. ’n Dubbelvolume boek van Darwin se briewe aan honderde mense, vriende, wetenskaplikes, ens, is saamgestel. Darwin het elke dag ongeveer twintig briewe geskryf. Hy sou die internet en e-pos baie voordelig gevind het en baie posgeld gespaar het. Ek wonder wat hy oor Kobus de Klerk se strontpratery sou kwytgeraak het?

  • Dennis Siebrits

    Sonder om te nydig te klink wil ek darem sê dat Mnr. de Klerk se opvatting van die fisika maar yl is.  Miskien verwar hy radioaktiwiteit met die SAUK en ’n kwark met die geluide van paddas in die vlei.  Die Bybel mag nie die beste handboek wees om die verstandige afleidings van duisende hoogs gekwalifiseerde wetenskaplikes te neutraliseer nie.  Intelligente Ontwerp het ongelukkig geen wetenskaplike bestaansgronde nie. 

  • François Verster

    Hallo Kobus, ou stywe snaar 

    ’n Paar dingetjies vir jou om te "verklaar" – Ek sien in BY (p.2, 1 Des. 2012) jou geesgenote wonder hoekom ongelowiges dan 'wroeg oor gosdsiens' – ek neem aan julle dink ateïste leef in vrees vir die oordeelsdag. So gelowiges moet dus glo omdat hulle BANG is vir die oordeelsdag – kortom: geloof = vrees, en bogger opregtheid, wat seker verklaar hoekom daar soveel skynheiligheid bestaan (geen ateïs het my nog geïgnoreer, beswadder en uit die kring gewerp – haha, amper seg ek "goddank" – soos gelowiges doen nie. Ek wonder soms of dit nie JUIS oor vrees gedoen word nie – netnou oortuig die onhgelowige jou en dan is jy mos gedoem. Eish ...

    Boonop stel geïndoktrineerde naïewes (wat soos kinders glo EN 'redeneer') mos geloof aan "goed" en ongeloof aan "boos" – hoe arrogant. Maar gepraat van arrogansie, wat kan jy verwag van een spesie wat hulself aan GOD (se beeld) gelykstel? – daarteenoor reken die ongelowiges mos hulle ontstam (oorspronklik) uit eensellige organsimes, wat iemand soos jy nooit sal kan aanvaar nie. So as jy weer in die spieel kyk, se hallo vir jou god; ek stuur groete, oukei?

    Nee, nie daai kwaai ou wat NOU soos jy lyk nie, daai onmedemenslike worede in jou oe, hu-u, waar's die tweede gebod nou ? Nee-nee, maak eerder ’n 'heppie fysie' soos ’n vader krismis – jolly old fellow, what? O koek, dis eintlik ook mos ’n onchristelike gewoonte daai een, met heidense Germaanse bome en boonop deel hy presente uit op verekeerde dag hoor ek ... het julle al daai een al uitgewerk, of is julle kalender nog net so gekonfoes as die Majas s’n? LOL ...

    En hoekom mag die Bybel nou nie meer as "letterlik" gelees word nie (nogal reg: mites is bloot veronderstel om morele lesse te bied – maar ai, al die seks en moord en slawerny en ... toemaar, ek wou net aandui dat ek al die Bybel gelees het: meer intriges en konnaaiwery as Shakespeare se skeppings) – weet jy hoekom, omdat die wetenskap al te veel Bybelstories as onsinnig bewys het, dis hoekom. En intussen wag ek dat die Bybel enige wetenskap-idees as onsinnig bewys. So, gaan Wikiloer gou weer TOT jy iets kry wat by jou fabelagtige verbeeldingsvlugte inpas ... :-).

    Maar oe, ek onthou nog iets wat jy, Ou Wyse, dalk kan uitle: hoekom word wetenskap en godsdiens kastig deesdae geskei – dis dan nie vroeer gedoen (toe meeste mense ongeskoold was en die kerk dit sou wou hou nie) nie – inteendeel: priesters en monikke was dikwels navorsers, ens, maar ... sodra hulle bevindings met dogma gebots het – oeps: seker duiwelswerk! [Voorstel; slaan hier die teken van die kruis – en brand ’n kersie; mens kan nie te seker wees nie, reg?].

    Laaste ding: probeer tog om nie so onchristelik (ek mag maar wees, ek is immers "evil") beledigend en onverdraagsaam te wees nie – mens vang  vliee met heuning, nie met asyn nie. Ek meens, sies man; watter soort visser van mense is jy? Of stel jy nie regtig belang om te oortuig, eerder as om te wys hoe slim jy is nie? Nuusflits: sover bewys jy net een ding: dat daar iets is soos "IK Inversie" – mense wat presies die teenoorgestelde dink as dit wat aan meeste ander mense bekend is as L-O-G-I-K-A.

    "Meeste mense?", sal jy nou seker spoeg en skuim – ja broer, "meeste", want as die meeste mense christelik was, sou die wereld mos nie so boos gewees het nie – aldus julle redenasie van christelik = goed.

    Sorry pel, jou argaiese denksisteem is ’n FAIL.

    Maar goeie nuus is dat daar iets beter is: nee, ek weet jy sal nie kan raai wat dit is nie. So ek spel dit weer uit: L-O-G-I-K-A.

    Terloops, ek hoop nie jy wroeg vannag te veel nie – jou bure is dalk ongelowiges en wil nie oor jou geprewel slaap verloor nie.

    Vrede,

    Swys

  • Karel de Pauw

    Ag ja, hoe raak het wyle Peter Medawar tog nie die Kobus de Klerke van hierdie wêreld opgesom nie:  

    'Just as compulsory primary education created a market catered for by cheap dailies and weeklies, so the spread of secondary and latterly tertiary education has created a large population of people, often with well-developed literary and scholarly tastes, who have been educated far beyond their capacity to undertake analytical thought.'

    Of soos dit in Nederlands lui:

    'Wat helpen kaars en bril,

    Als de uil met overladen maag niet zien wil?'

  • Kobus de Klerk

    Om jou vraag te beantwoord, heer Claassen, Darwin sou waarskynlik minder briewe met bespiegelings in geskrywe het omdat hy dan sou agterkom hoe hy geslagte mense soos jy na hom, met sy snert mislei omdat hulle die vermoë om analities en logies te dink, verloor het en eersteklas antagonistiese papegaaie geword het – soos jy goed sal weet.

    Maar dit is nietemin interessant wat jy noem van sy briewe en sy 'warm little pond', natuurlik sonder dat jy besef wat werklik aangaan.

    Dit is nie die eerste keer dat ons bemerk dat Darwin in baie opmerklike opsigte, hom laat lei het deur dit wat in die Woord staan, nie. Ons weet mos hy was ’n teologie student wat opgeskop het en toe die kluts kwytgeraak, het,. Nou ja, in sy teologiese studies het hy darem agtergekom dat water inderdaad ’n baie deurslaggewende rol gespeel het by die Skepping – hy het nie vergeet wat in Genesis 1:2 staan nie en ook nie dat dit glad nie  in isolasie daar staan nie, maar dat hierdie stukkie natuurwetenskaplike kennis al aan dienaars van God, die Skepper,  bekend was meer as tweeduisend jaar gelede, toe jy en jou antagonistiese kohorte (let op julle kommentaar hierbo) nog nie eens ’n gedagte was, nie, waar daardie natuurwetenskaplike vermelding in soveel woorde gemaak, word (2 Petrus 3:5). Hierdie Woordverwerking dui ook sommer op die twee onderskeidelike skeppingsmomente – die aanvanklike skepping van die aarde  self (Genesis 1:1) en die latere skepping op die aarde (Genesis 1:2 e.v.) – en die rol van water daarin.

    Uiteraard het hy wat Darwin was, verbysterd geraak met presies hoe dit gebeur het, omdat hy dit sommer self wou verklaar. Ons sien mos die resultaat van sy stomme pogings. Hy het sy aanknopingspunt in die Woord gekry -  g’n wonder hy het na bewering aanvanklik gesê hy het nie probeer om teen God te praat, nie. Maar onder geweldige druk van agnostici soos Huxley en natuurlik sy eie verbitterdheid teenoor God (weens die siekte en afsterwe van sy geliefde dogtertjie) het hy maklik die pad byster geraak en die grootste klomp snert geskrywe soos wat ons kan lees. Daar was vir hom baie aanmoediging om sy werk so te klee dat dit as ’n direkte 'teenvoeter' teen die Bybel gebruik kon word – die eerste agnostiese religieuse bybel. Mense soos Huxley was in ekstase. Nes julle ook vandag steeds. Maar daar was een probleem – die storie sou nie werk as dit uitgehou was vir wat dit werklik is, nie – ’n teenvoeter religie vir die Christendom, veral in die tyd waarin dit gepubliseer is, nie – daarom is dit onder die dekmantel van wetenskap as voertuig vir die bevordering daarvan, met agressie gepromoveer.

    Maar die leemte was die kwessie van die kosmiese wetenskappe – en die is toe geskaai op dieselfde basis deur die protagoniste van die oerknal teorie. En sedertdien word die klugspel van alle kante deur die protagoniste daarvan met agressie verdedig en gepromoveer – soos ons baie duidelik by julle hier ter plaatse ook sien – reekse persoonlike aanvalle en beledigings en verdagmakery teenoor almal wat dit so waag om buite die sfeer van julle pre-gedefinieerde  'mainstream boundaries' selfs teenoor mense net so of meer gekwalifiseer as jul self.

    Jy byvoorbeeld, skywe geen kommentaar self nie, maar laat dit aan jou halshondjies oor – manipuleerbaar soos hulle skyn te wees is – dat hulle in die stof kan byt eerder as jy self. Laat my dink aan die komiese fliek 'Marmaduke' waar daar ’n park is met die ou boeliehond en sy klomp keffertjies om hom heen. Neem dit gerus uit, kyk dit en sien julle in aksie.

    Maar julle leef in tye waar mense nie net vir hulleself krities kan dink, nie, maar ook meer en meer bereid is om julle stortvloed van antagonisme en intellektuele boewery te trotseer en vorentoe te druk om uiteindelik te triomfeer. Daar was te ’n lang tyd wat mense net nie lus was en kans gesien het vir julle intellektuele boewery nie en het maar onoortuig van wat julle sê, nietemin ter wille van akademiese 'vrede', bes gegee. Julle het van die akademie, vuil politiek begin maak en dit so uitgeleef.

    Maar mense kom nou tot die besef dat hulle meer prysgee onder julle boewery as net akademiese oortuiging – die ding is so siek dat hulle ook hulle identiteit verloor want die boewery teer op die hele persona soos ’n maaier en verorber alles. Mense is nie meer bereid daartoe, nie. Net die slapste van slappies is nog bereid om die knie voor julle boefagtige antagonisme te buig.

    Al wat ons doen, is om die dekmantel weg te skuiwe. Dit openbaar die intellektuele vrotspul wat daaragter skuil, en so vernietig julle julself  van binne af.

    Kobus de Klerk

  • Kobus, wat is die teorie van skepping/intelligente ontwerp, en hoe kan ek hom toets deur middel van waarneming/eksperimentering?

  • François Verster

    Kobus, ek sien jy gaan steeds voort om aan ateïste “bewyse” te lewer deur uit die Bybel aan te haal – kan jy nie jou gewaande logika inspan om tot die ooglopende gevolgtrekking te kom dat as hulle nie in God glo nie, die Bybel vir hulle geen bewysstuk is nie??? 

    Inteendeel, dis net jou bekrompe tipe wat eeue-oue argaïese denksisteme verkies (bo vernuwende gemeet--en-getoetste analises wat geleidelik, sorgvuldig op wetenskaplike ontdekkings gebaseer is) wat alles wat in die ou skrifte staan vir soetkoek opvreet – en dan nog wragtag sê Claassen praat agter ander aan! Helaas, soos ek tevore gesê het:  IK Inversie! Ditto jou aantygings oor ’n “stortvloed van antagonisme en intellektuele boewery te trotseer en vorentoe te druk om uiteindelik te triomfeer” – dis juis wat jy doen – en dan beskuldig jy ander daarvan? Goed, mens kan jou beswaarlik van enigiets intellektueel beskuldig en nog minder sal jy ooit oor enigiets triomfeer, maar jinne boet ...

    Wat ’s fout met jou? Het jy ‘n breingewas? Of probeer jy snaaks wees? Ek stel voor jy steel dan liewer van Leon Shuster se grappies as repe nonsens uit Wikipedia – en die Bybel.

    Ek meen – lees jy wat jy skryf? Beséf jy wat jy skryf? Hier – ek haal vir jou aan: “die ding is so siek dat hulle ook hulle identiteit verloor want die boewery teer op die hele persona soos ’n maaier en verorber alles. Mense is nie meer bereid daartoe, nie. Net die slapste van slappies is nog bereid om die knie voor julle boefagtige antagonisme te buig. Al wat ons doen, is om die dekmantel weg te skuiwe. Dit openbaar die intellektuele vrotspul wat daaragter skuil, en so vernietig julle julself van binne af

    “Slapste van slappies?” Hahahahaha! Wat is makliker – om teen die stroom te swem (ateïsme) as om blindweg te glo wat ander aan jou opdring?

    En: “Persona”? Wie se persona? God s’n? Joune? Haai nee man, weet jy wat dit beteken? 

    A-b-s-o-l-u-u-t verstommend ...

    Sela

    Swys

  • karel de Pauw

    Ag vader, tog. Lieg die heer De Klerk skaamteloos of is hy net eenvoudig dig – of dalk altwee?

    Darwin  '’n teologie student wat opgeskop het'? Sak Sarel! Hy het sy graad in Cambridge behaal maar nooit, na sy omswerwinge op die Beagle, as predikant gepraktiseer nie.  Hy het wel, die goed bekend, as mediese student in Edinburgh 'opgeskop'.

    Ag ja, en dan  daardie onsigbare mane van Jupiter.  Ek het hulle self as student deur die 10 duim teleskoop van wyle Professor Van Jaarsveld gesien.

  • Karel: As jy gaan kyk na sy nuutste plasings in dardie Jupiter-debat sal jy sien wat aangaan: hy lieg waarskynlik nie. Hy is so onkundig oor die onderwerp dat hy self nie besef hoe volslae onkundig hy is nie. Hy leef in ’n fantasiewêreld, waar al daai lastige natuurwette eenvoudig nie geld nie, en waar dit wat jy graag genoeg wil glo, absoluut waar is. 

    So nou ja, dan weet ek nie wat verder om te sê nie. Dit is eintlik hartseer, want soos ek al gesê het, ek kry nie die indruk dat hy onintelligent is nie. Ek weet nie of ek simpatie moet hê of my ’n papie moet lag nie, of dalk bietjie van albei. Die beeld wat by my opkom is Mr. Bean wat in ’n observatorium inploeter en onbedoeld amok maak: dit is tragikomies. 

  • Kobus de Klerk

    Nee, Pauw. Dit is nie die heer de Klerk wat lieg nie, maar Pauw wat die waarheid verdraai totdat dit hom pas – en ons weet almal  -  ’n halwe waarheid is ’n volle leuen. So, dit is jy wat lieg.

    Maar jy sê jy het Prof Floors geken? Dan het jy mos vir Ernst en Edwin en Albert en Elizabeth ook geken? Is jy die "Kareltjie" na wie Edwin soms verwys, het? Ek dink ek laat daardie een liefs net daar...

    Ek het vir Prof Floors baie, baie goed geken. Hy was ’n dierbare persoon met sy Churchill tipe sigaar en al. Kan nie onthou dat ek hom ooit werklik sonder daardie sigaar gesien het, nie. En ek onthou sy teleskoop waarna jy verwys, ook goed (was bietjie groter as 10 duim...). Ons was gereeld by hul woning in Jackanlee. Daar het hy die instrument opgestel en ons na baie dinge laat kyk en daaroor vertel en opgevoed – dit sluit ook jupiter in. Hy sou by geleentheid vir my vra – sien jy die mane? En toe ek sê ja, het hy stilletjies ’n laggie gekry (nogal raar vir hom – hy was ’n ernstige persoon) en vir my gesê – baie mense dink hulle sien dit.

    As jy van die waarheid gehou het sou jy nie oor Darwin se kwalifikasies lieg, nie. Om by Cambridge destyds teologie te studeer vir admissie as BA student om te kwalifiseer as Anglikaanse predikant, moes hy kwalifiseer vir die sogenaamde teologiese tripos, waarvoor hy egter nie gekwalifiseer het, nie en is toe ingeskrywe vir die sogenaamde ordinary degree. Die het hy wel afgehandel, maar sy belangstellings het weer gekwyn en voor hy kon verder studeer om wel uiteindelik sy BA (die eerste stap in teologiese studies destyds aldaar) te behaal het hy opgeskop. So hy het hoegenaamd nie vir teologie gekwalifiseer nie. Maar een van sy vakke was juis die bestudering van die sogenaamde Evidences of Christianity – en dit bevestig my punt dat hy daar sy grondliggende idees vandaan gekry, want hy was ook blootgestel aan die invloed van Henslow wat biologie gesien het as deel van religieuse natuurlike  teologie.

    Maar hy het weer opgeskop en sy teologiese studies daar gelaat – hy het eerder torre versamel en goed vir die museum versamel en perdgery ens.

    Wat jy blykbaar nie kan insien van die implikasie van wat ek oor Darwin gesê het, nie is dat jou bewering dat Darwin teologies gekwalifiseer het, nog meer geloofwaardigheid verleen aan my verklaring vir die bestaan van sommige Christelike idees waarop hy sy stuitige teorieë gebou het – maar nou het hy na alles nie teologies gekwalifiseer, nie.

    Dus, die ou truuk van die agnostikus – lieg self in ’n barrage van beskuldigings dat die gelowige lieg – in sigself ’n leuen.

    So kan ons ook met Brianvds se kommentaar na sy aftogblasery met my, ook maar klaarspeel. Sy probleem is dat hy ook nie kan insien dat hy eintlik homself beledig, in ’n poging om my te beledig, nie. Die Bean karakter het baie onbeholpe voorgekom, maar hy is ’n meester om ander se onoplettendheid en gemaksones uit te skakel en uit te buit.

    Dit is maar Brianvds se metode om sy eie onbeholpenheid waarop hy keer op keer betrap is, te probeer verdoesel. Ek is dit al so gewoond met julle – terloops, ek het elders gesê Brainvds sal volgende sy opwagting by die intellektuele  rioolplaas saam met Cornelius ne ’n paar ander maak en dit het gouer gebeur as wat ek selfs verwag het.

    Swys,

    Lees weer my kommentare waarop jy probeer reageer – lees aandagtig en lewer dan weer kommentaar as jy wil – op hierdie stadium is die sinnelose snert wat jy kwytraak nie my moeite  werd, nie. Jy het nie die vaagste benul wat ek skrywe nie en jy maak meestal heeltaml die verkeerde assosiasies.

    Kobus de Klerk

  • Darwin het wel; Hy was boonop nogal ’n kenner van teologie.

    'In the third week of January 1831 Charles sat his final exam. There were three days of written papers covering the Classics, the two Paley texts and John Locke's An Essay Concerning Human Understanding, then mathematics and physics. At the end of the week when the results were posted he was dazed and proud to have come 10th out of a pass list of 178 doing the ordinary degree. Charles shone in theology and scraped through in the other subjects. He was also exhausted and depressed, writing to Fox "I do not know why the degree should make one so miserable."'

    Weer eens, soos ek elders gesê het: Kobus skroom nie om bloot feite op te maak en dan met soveel selfvertroue te verkondig dat mens nie eers bodder om dit na te gaan nie. Tot jy eendag begin om dit wel na te gaan. Dan begin jy voel soos Alice toe sy ter Wonderlande neergedaal het.

  • Kobus de Klerk

    Brianvds het hierbo een honderd persent ondersteun wat ek gesê het – maar hy besef nie wat hy self skrywe nie en hy verstaan ook nie wat ek skrywe nie. Hierdie mense is so bot en insigloos. So is daar basiese dinge in die lewe, veral omtrent sake Gods, wat voor en by hulle afspeel, terwyl hulle net eenvoudig bot is daarvoor, maar tog hard skreeu en wilde stellings maak – daarom verwys ek daarna as intellektuele riool.

    Tog insinueer hy dat ek die leuenaar is, en nie hy nie. So geoefend is die agnostikus om die leuen as waarheid te wil aanbied, terwyl hulle ’n rookskerm opwerp om juis die persoon wat  die waarheid praat, van waanvoorstelling te beskuldig. So maai die satan onder die arme agnostici. Dit is so tipies van die agnostikus – hy sien dinge maar kan dit net eenvoudig nie in perspektief sien, nie.

    Hy self bevestig in sy aanhaling dat Darwin net die 'ordinary degree' geslaag het – dit is amper soos ’n BA algemeen vandag – ’n algemene graad met so bietjie van alles, maar is beslis juis nie teologiese kwalifikasie nie. Al wat sy aanhaling bevestig, is dat Darwin die teologie gedeelte van die 'ordinary degree' meeste geniet het.

    Ek kan mos ook aanhaal, sonder om die bron te vermeld, maar ek sal beter doen:

    "This neglect of medical studies annoyed his father, who shrewdly sent him to Christ's College, Cambridge, for a Bachelor of Arts degree as the first step towards becoming an Anglican parson. As Darwin was unqualified for the Tripos, he joined the ordinary degree course in January 1828. He preferred riding and shooting to studying. His cousin William Darwin Fox introduced him to the popular craze for beetle collecting; Darwin pursued this zealously, getting some of his finds published in Stevens' Illustrations of British entomology. He became a close friend and follower of botany professor John Stevens Henslow and met other leading naturalists who saw scientific work as religious natural theology, becoming known to these dons as "the man who walks with Henslow". When his own exams drew near, Darwin focused on his studies and was delighted by the language and logic of William Paley's Evidences of Christianity. In his final examination in January 1831 Darwin did well, coming tenth out of 178 candidates for the ordinary degree".

    Ter ondersteuning van hierdie informasie word Browne, E. Janet (1995). Charles Darwin: vol. 1 Voyaging. London: Jonathan Cape. ISBN 1-84413-314-1. pp. 47–48, 89–91 en 97 as bron aangegee.

    Baie duidelik is Darwin nie, soos die agnostiese leuenaar te kenne wil gee, teologies gekwalifiseerd as predikant, nie.

    Intussen besef die stommerike nie dat hulle juis in hulle inhoudlose leuenagtige tirades oor onbenullige detail (wat hulle ook oor lieg en nie onder die knie kan kry nie) juis die punt bevestig wat ek maak, naamlik dat Darwin sy grondidees juis uit die Bybel gekry het en toe sy eie listige leuens daaromheen gaan saamflans, het, nie.

    Daar het jy dit nou. Nou kan julle sommer sien waarom die agnostici so reageer op die feit dat hulle gekelder is met vrae oor hulle onbewysbare aannames, stellings en veronderstelling oor die wetenskap wat hulle net eenvoudig nie kan antwoord nie, en daarom eerder weer op ’n nuttelose kruisvaart probeer gaan om my te diskrediteer maar telkens, sonder uitsondering, in hul eie strikke en kuile beland, presies nes die Woord vermeld hulle sal oorkom (Psalm 141:10). Hierdie optrede van hulle demonstreer die onaanneemlike mentaliteit van die agnostikus oor die algemeen want hulle doen dit almal en is nie bereid om verantwoordelikheid te aanvaar, nie. Hoe anders? Hulle kry hulle inspirasie by die satan, die vader van die leuen (Johannes 8:44-45) terwyl hulle self nie eens agterkom dat hulle die duiwel se lakeie is, nie.

    Dit is letterlik ’n kwessie van hoe meer hulle skrywe, hoe erger vir hulle en hoe beter dien hulle die integriteit van die Woord.

    En so demonstreer hulle vir ons die betroubaarheid en Waarheid van die opgeskrywe Woord in die Bybel.

    Kobus de Klerk

  • Kobus, hier is wat jy in jou boodskap geskryf het:

     
    "Die het hy wel afgehandel, maar sy belangstellings het weer gekwyn en voor hy kon verder studeer om wel uiteindelik sy BA (die eerste stap in teologiese studies destyds aldaar) te behaal het hy opgeskop." 
     
    Die beste wat ek daarvoor kan sê is dat dit dubbelsinnig is. So miskien kan ek dan maar vergewe word as ek jou verkeerd verstaan het. As jy nie verkeerd verstaan wil word nie, moet jy miskien leer om nie so bont te praat nie.
     
    Dit sou ook nie heeltemal foutief wees om te beweer dat Darwin in teologie gekwalifiseer was nie, hoewel dit miskien bietjie moeilik is om grade van daardie tyd met moderne grade te vergelyk. Maar as jy vandag 'n BA-graad doen met, sê nou maar, geskiedenis as hoofvak, dan is jy in geskiedenis gekwalifiseer, hoewel jy sonder verdere studie nie juis as geskiedkundige navorser sal werk kry nie. In dieselfde sin is dit korrek om te sê Darwin was in teologie gekwalifiseer, hoewel nie goed genoeg om as dominee in 'n kerk aangestel te word nie. 
     
    Dit is nogal opmerklik dat hy anvanklik 'n kreasionis was, wat argumente soos Paley s'n sonder skeptisisme aanvaar het. Maar anders as hedendaagse kreasioniste, was hy op die ou end baie goed vertroud met die getuienis ten gunste van evolusie. 
     
     
  • Kobus de Klerk

    Goeiste, ja.

    Brianvds se eie skakel weerspreek hom en veral vir Karel direk - ek haal uit sy skakel aan:

    " He therefore enrolled Charles at Christ's College, Cambridge in 1827 for a Bachelor of Arts degree as the qualification required before taking a specialised divinity course and becoming an Anglican parson. He enrolled for an ordinary degree, as at that time only capable mathematicians would take the Tripos"

    Tog skel hy dat ander oneerlik is... het die mense dan geen integriteit of selfrespek nie? Of is hulle werklik so insigloos dat hulle net eenvoudig nie kan begryp wat hulle self lees, en wat die betekenis en implikasies daarvan is, nie?

    Agnostisisme vernietig die mens wat daaraan ly stelselmatig van binne totdat daar van hom net 'n holklinkende blik oorbly - dit is duidelik en tragies.

    Maar so onderling, kletter hul heerlik saam-saam by hul holblik partytjies. Lees maar hulle skinder boodskappies aan mekaar - met ou brommer Kerneels wat so al bokant die riool te vinde is wat so uitloop, want dit is waar hy skat het - is mos so, waar die mens se skat is, is ook sy hart. (Mattheus 6:21) en so sien ons dit gereeld gebeur.

    Kobus de Klerk

  • Kobus, dit lyk my ons stem dan saam dat Darwin sy graad voltooi het, en dat hy, hoewel nie goed genoeg gekwalifiseer om 'n dominee te word nie, 'n soliede kennis van teologie gehad het. Jou sin was bloot in die eerste plek onduidelik en dubbelsinnig, en daarvoor het jy net jouself te blameer. Die feit dat jy selfs oor 'n blote swak sinskonstruksie as leuenaar uitgekryt word het jy ook aan jouself te danke, siende jy al reeds jouself hier as gewoonteleuenaar bewys het. Jy suig "feite" sommer so uit jou duim uit en verkondig hulle dan met absolute selfvertroue. Hoe kan jy dan verwag dat enigiemand behalwe jou paar getroue volgelinge hier enigiets sal vertrou wat jy sê?

     
    Ek wonder watter beroep jy volg? Het jy al 'n loopbaan as verkoopsman oorweeg? Ek is seker jy sou seewater aan 'n haai kon verkoop.

     
  • Kobus de Klerk

    Nee, Brianvds, ons stem nie saam dat Darwin 'sy' graad voltooi het of die doelwit waarvoor hy aanvanklik daar begin studeer het, naamlik om as predikant te kwalifiseer. Dit is eerder korrek om te sê dat Darwin ’n minderwaardige graad voltooi het wat nog vis nog vlees is. Daarna het hy sy teologiese studies opgeskop. Niks aan wat ek gesê het, is dubbelsinnig nie, maar eerder jou begripsvermoë wat effe stompsinnig is.

    Dit is wat ek in die begin gesê het – dat Darwin  begin het en eenvoudig opgeskop het en toe nooit teologies gekwalifiseer het, nie. Daarvoor is ek deur Kareltjie en deur jou as leuenaar uitgekryt totdat ek die wanvoorstellings van julle af uitgewys het en dat ek korrek is. Julle ken nie eens die geskiedenis van jul eie ikoon, nie, Julle ken ook oor die algemeen nie die implikasies van al die goed wat julle soos papegaaie refrein, nie.

    Sê vir my, is dit vir jou lekker om hierdie tipe sinnelose gesprekke te hê? Is dit al waartoe jy instaat is? Moet liewer nie antwoord nie.

    Jy is uitgewys vir die agnostiese kansvatterige, integriteitlose skinderbek papegaai wat jy is en jou gespartel om dit ongedaan te maak, gooi vir jou net olie op die vuur waarin jy reeds skroei – veral jou poging om jou eie etiket, die van leuenaar, om my nek te probeer hang is baie deursigtig.

    Ek het geen erg aan die voortsetting van die soort van gesprek, waar oor nuttelose beuselagtighede gekibbel word en altyd in ’n slegsêery ontaard omdat julle net eenvoudig tot niks beter instaat is, nie.

    Jy het jou doel vereers vir my gedien – jy is die soveelste een van julle wat gemanifesteer het om vir die breë leserspubliek daarbuite, en veral die gelowiges, te demonstreer hoe insigloos en integriteitloos julle is weens julle agnostisisme.

    Ek dink nie die gesprek kan enigsins meer sinvol vorder met jou nie. Jy het toegeslaan en jou gesig is propvol eier. Jy is ook ’n baie swak verloorder en jou reaksies beklemtoon jou onvolwasse emosionele vlak. Staak dit nou maar liewer.

    Kobus de Klerk

  • George Claassen

    Kobus, terwyl jy nou jouself reeds bewys het as die Skepper van Verdigsel, vertel ons asb. presies hoe en waar jy prof Floors van Jaarsveld geken het? Staaf dit met bewyse. Wie was saam met jou by die kyk na Jupiter se mane toe hy sy opmerking teenoor jou gemaak het? Gee ons asb. bewyse dat jy nie sommer maar weer hierdie sogenaamde intieme kennis wat jy van Van Jaarsveld gehad het en persoonlike kontak met hom, opmaak nie? Nou val jy Karel de Pauw persoonlik aan met ’n skinderbewering wat jy in die lug laat hang? Weer eens, asb. bring die bewyse van jou kennis van Van Jaarsveld. Het jy op Tukkies geswot? RAU? Vertel ons ’n bietjie oor jouself. Ons wil graag weet hoe lyk die man Kobus de Klerk, nie die skim wat aanhoudend wegvlug van sy prokureurstrustskandes nie? Plaas sommer ’n behoorlike profiel ook sodat ons jou kan toets soos Carte Blanche jou skelmstreke uitgevang het. Ek daag jou uit: maak jouself bekend en hou op skuil agter die anonimiteit wat LitNet jou bied. Waarvoor is jy bang? Dat die polisie jou kan opspoor?

  • Kobus: Darwin het vir ’n BA-graad ingeskryf, en die graad voltooi. Dalk sien jy iets anders hier wat ek nie sien nie. In ieder geval, toe ek sê ons stem saam oor dit, is dit die BA-graad wat ek bedoel het. Ek vermoed jy sou wel saamstem dat hy dit voltooi het.

    In ieder geval, jy kan nie eintlik vingers wys wanneer dit kom by stompsinnige begripsvermoë nie.

  • Kobus de Klerk

    Ag, Claassen,

    Met die inligting wat ek in my kommentaar oor prof Floors verskaf het, weet Karel dat ek die prof persoonlik geken, het ... daar is genoeg inligting daar om hom dit te laat besef. Niemand wat die prof nie geken het, sal daardie inligting hê, nie. Sy Churchill-tipe sigaar en daardie whiskey wat hy teugie vir teugie oor die verloop van ure gedrink het waarsonder jy hom selfde sou sien by die juis, was ook kenmerkend. Hy was ’n baie waardige persoon met inspirerende naasteliefde en met uitsoek en belese  vriende, soos Gordon Vorster.

    Dus, jy sal maar daarmee gediend moet wees, al het jy self nie die insig om te kan aflei uit die aard van die beskikbare feite, dat ek weet waarvan ek praat, nie.

    Waarom laat jy nie prof Floors se nagedagtenis in vrede, nie? Wat wil jy met jou tirade bereik? Is julle so desperaat?

    Wat my as persoon aanbetref, het julle mos ’n profiel – ’n baie sensasionele een daarby – waarmee julle van tyd ot tyd oor die jare heen op loop neem asof dit nuwe nuus is wat niemand weet nie (simpel, of hoe?) en is ek juis nie iemand wat skuil agter anonimiteit, nie – juis nie, daarom weet julle ten minste wie ek is. As ek wou vlug en skuil, soos jy insigloos beweer, sou ek van die begin af onder ’n skuilnaam geskrywe het en sou julle tot vandag toe nie geweet het wie ek is, nie. Lyk my jy het nie eens die insig om hierdie eenvoudige kwessie bymekaar te trek en te weet jy praat die gebruiklike snert  as jy beweer ek skuil en vlug, nie. Maar klaarblyklik het jy werklik nie die insig om selfs so ’n eenvoudige aspek uit te redeneer, nie.

    Nou, dit wat ek kan byvoeg omtrent my 'profiel' sal julle teleurstel, want dit sal al die sensasie verwyder en dinge in perspektief stel. En wat die polisie insinuasie aanbetref, het ek destyds, na die Carte Blanche program, juis nie weggeskram nie, maar is die klagtes wat  teen my gelê is, in die Hooggeregshof teengestaan en die klagtes is almal teruggetrek omdat daar geen gronde was om my van diefstal of bedrog te beskuldig nie. Ek is nie oor trustgeld diefstal geskrap nie, maar omdat ek die hofbevel verontagsaam, het. Dit was verkeerd van my maar dit pas nie julle sensasionele invalshoek, nie. Daar is baie ander aspekte waarvan julle nie kennis dra nie wat al die sensasie verwyder en die korrekte perspektief stel. En so praat julle waarvan julle te min weet om ’n opinie uit te spreek, maar doen julle dit steeds. Swak, nie waar, nie?

    Maar dit is ook nie belangrik, nie.

    Hier is wat van belang is – selfs al sou ek die grootste skurk op aarde wees en selfs al sou ek uit een of ander hoësekuriteit gevangenis vir julle geskrywe het, sou dit geen afbreuk doen aan dit wat ek sê nie, want dit wat ek sê en vra staan op eie bene en dra krag in sigself. Maar, om dit te probeer ontkom,  maak julle persoonlike aantygings om te probeer om die aandag af te wentel van die eintlike probleem – julle selfdesepsie en insigloosheid op julle eie gebied en die feit dat julle soos papegaaikore te kere gaan sonder om self te besef wat julle mee besig is. Nou word die persoon aangeval. Maak jy met jou studente in die klas ook so as hulle jou bevraagteken? Of durf hulle nie, uit vrees vir jou vergelding in  die klas... want as jy dit hier en elders so maklik doen, waarom nie in die klas nie?

    Maar jy sien, dit is nie oor my wat dit gaan, nie. Anders as met julle verwaandheid, gaan dit nie vir die ware gelowige oor homself nie. Dit is oor wat ek sê, oor die Woord getuienis wat ek bring. Ek stel as ware gelowige nie my eie belange voorop nie iets wat julle in julle egosentriese agnostiese bestaan natuurlik nie kan baasraak, nie.

    Dan het jy ook nog ’n verdere probleem. Jy kan ook nie insien dat my profiel niks te make het met wat ek getuig en die vrae wat ek aan julle stel, nie. Die snert wat jy, Claassen, op Litnet en elders verkondig, het absoluut niks te doen met wat jy by jou huis of elders aanvang, nie of wat jou profiel is, nie. Ek werk met wat jy sê. Dit kan ek evalueer ne na aanleiding daarvan, lewer ek kommentaar ne vra ek vrae. Ek het nie ’n saak daarmee wat jou profiel is nie, want ek het (Goddank) genoeg insig om my deur die feite van die omstandighede te laat lei.  Sien jy my ooit daarna vra? Nee, want dit is hoegenaamd nie relevant, nie. My vrae bly staan onbeantwoord in julle onbeholpenheid.

    So, net ’n opmerking ter afsluiting – ek sien jy, want deur jou agnostiese napraters op hierdie forum as een van die voorste residensiële papegaaie geag word, tree nou ook toe tot die moddergooi wedywering tussen julle. Hoe dan so? Ek dog as ek so na julle gekrys omtrent my kyk, dat ek vir julle kwansuis so onkundig en gering is? Hoe dan dat julle sarsie op sarsie kommentare aflewer, as ek dan kamstig so onbenullig was? En nou jy ook? Ek herinner my aan Panda (as ek reg onthou) wat gesê het jy is so ’n groot kanon (eintlik papegaai) jy sal jou nooit verwerdig om toe te tree nie... wys jou net, of hoe? Julle volg daar die agnostiese patroon so getrou.

    Sê vir my Claassen. Wat is die nut van hierdie trant van gesprek? Waarom  voorsien jy dan nie die bewyse, wat Meyer duidelik nie kan doen, nie? Jy is mos Meneer Bewys – sal jy vir ons die bewyse verskaf, asseblief? Of sal jy eerder voorgaan met jou onvolwasse verdagmakery veldtog omdat jy weet julle het nie bewyse nie.

    Kobus de Klerk

  • Ek gaan nou hier net vir een keer in my lewe so gedeeltelik Kobus se kant kies: ek sou my nie veel steur aan enigiets wat Carte Blanche (of enige ander stel joernaliste) te sê het nie. Carte Blanche is immers die ouens wat hoek, lyn en sinker geval het vir "doktor" Danie Krugel en sy kwantum-opsporingsmasjien (verskoon die Anglisistiese idioom, maar ek hou van hom en kan nou nie onthou wat die Afrikaanse ekwivalent is nie). Hulle het geen geloofwaardigheid nie.

    Dit beteken natuurlik nie hulle is altyd verkeerd nie. Ek is seker hulle kan selfs Jupiter se mane sien. Maar ek sal meer onomstootlike bewys nodig hê dat iemand aan dit of dat skuldig is as bloot ’n TV-program.

    Nou ja, Kobus, moet nie dink ek gaan van nou af bloot alles sluk wat jy vir my kou nie...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top