Kunstenaars skep kreatiewe samewerking oor grense heen

“Ek sukkel eintlik nog steeds om ons creative output te definieer: ek dink dis waarskynlik iets in die lyn van poësie-ontmoet-lirieke wat deur instrumentele musiek ondersteun word. Maar ek dink die onderskeidende eienskap van ons projek lê eintlik in die kombinasie van Afrikaans en Yorùbá: ons moedertale wat teenoor mekaar, maar ook langs mekaar staan.”