Korrupsie in die Suid-Afrikaanse staatsdiens: Is die Teenkorrupsietaakspan se multidissiplinêre benadering in die ondersoek na beweerde korrupsie onder staatsamptenare doeltreffend?

“Die Openbare Beskermer se verdoemende verslag, getiteld ‘Derailed’, gee te kenne dat die voormalige geskorste hoof van Prasa die semistaatsinstelling se koffers leeg gemelk het deur plesierritte op die Bloutrein te onderneem en twyfelagtige tenders ter waarde van miljarde rand goed gekeur het.”