Katinka Heyns vertel van Die Wonderwerker

Dis Katinka Heyns se eerste fliek in veertien jaar en die hele land is opgewonde net by die noem van haar naam. Sy gesels met Naomi Meyer oor die enigmatiese Marais, oor die vrugbare teelaarde van die verbeelding – en die soeke na ’n bobbejaan.