Kanselleerkultuur as strafbeskaming in Etienne van Heerden se roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld

“Die verhaal wys hoe strafbeskaming en sondebokmaking deur kanselleerkultuur as ’n samelewingsverskynsel binne die groter verband van ’n ingewikkelde, geglobaliseerde en elektroniese samelewing funksioneer, en hoe dit gerugsteun word deur dophoutegnologie- en gesigherkenningstelsels.”