Kan ons die sosiale kontrak herstel met soldate in die strate?

  • 0

Die staat het die plig om beskerming aan die bevolking te bied, maar in ruil moet die burgery ook in hulle spoor trap. As hierdie sosiale kontrak verbrokkel, sien ons chaos.

Abel Esterhuyse, ’n hoogleraar in strategiese studies en ’n oudweermaglid, verduidelik hoekom die weermag nie opgelei is om binnelandse beveiliging te doen nie, maar wel in staat is om die polisie by te staan.

Hy verduidelik ook die rol van privaat beskermingsdienste en bepleit ’n veel beter, geïntegreerde benadering tussen ’n polisie wat bevoeg is, die privaat maatskappye wat sinvol deur die staat betrek moet word, en ’n weermag wat ondersteuning kan en sal bied. Op hierdie manier sal dit nie vir die gewone landsburger nodig voel om by vigilante-optrede betrokke te raak nie.

Foto van soldate: SPC Taryn Hagerman - Public Domain, WikiMedia

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top