Kaaps in fokus! Verslag oor die simposium aan UWK, 19–20 Julie 2012

“Dit is gepas dat die tweedaagse simposium oor Kaapse Afrikaans, of Kaaps, soos dit vry algemeen bekend is, aan die Universiteit van Wes-Kaapland gehou is, in die hartjie van die woongebied van die meeste van hierdie taalvariëteit se sprekers.”