J.D. Kestell: Godsdiensoortuigings vir vrede en die voortsetting van die stryd tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog)

“Dr. J.D. Kestell word dikwels Vader Kestell genoem omdat hy weens sy besonderse rol as veldprediker gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog) as vader van sy mense, die Afrikaners van daardie tyd, waarna hier as die Afrikanervolk verwys word, beskou is.”