Humor in kinderliteratuur: ’n Beskouende ondersoek na enkele soorte humor en die waarde van humor in fiksietekste vir kinders

“Humor kan op ’n individueel-psigologiese vlak sowel as op ’n literêr-sosiologiese vlak ’n heilsame en positiewe invloed hê. Dit is noodsaaklik dat ’n jong leser plesier put uit wat hy lees sodat dit hom of haar motiveer om steeds meer te wil lees.”