Hugo Claus betower en bekoor steeds ná vier dekades

“Daar is verskeie boeke en skrywers daar buite wie se werke deur die dekades van vergeet word. Komplekse, aweregse en uitdagende werke wat deesdae iewers op boekrakke vergaan. Maar dan is daar skrywers wie se werke die toets van die tyd weerstaan het en tot vandag toe ’n leser uitdaag en bekoor.”