Hellevaart én herrysenis: Winterbach se Die benederyk 'n verbysterende boek

In die openingsparagraaf van Lettie Viljoen (Ingrid Winterbach) se debuutnovelle Klaaglied vir Koos skop die beleërde ek-verteller haar tuinhek “eers van binne af oop, dat hy vér verby sy normale swáái swaai” en dan skop sy hom “van die ander kant af terug …