Hartsmense, ’n kortverhaalbundel deur Cliffordene Norton: ’n resensie

Hartsmense is nog ’n trappie in Cliffordene Norton se ontwikkeling as ’n bekwame en veelsydige skrywer. Sy beskik oor ’n helder skryfstem wat hopelik nog dikwels in die toekoms in Afrikaans gehoor sal word. Die bundel word sterk aanbeveel vir lesers met ’n liefde vir kortverhale, maar ook vir enige leser wat beperkte tyd vir lees beskikbaar het.”