Hannah Cornelius (1996–2017)
Op ’n foto wagtend
op die Halte na Ewigheid
kyk jy na links,
na die Stasies
genaamd Angs, Vernedering,
Onnoembare ...
agtertoe
daar waar die trein
nooit weer
vir jou sal stop
nie. Nimmer,
nee, nooit weer.
Nou op jou soloreis
met geen retoerkaart
ter hand
reis jy na
Aandblom-is-’n-witblom
digby dusketyd
Blommetjie-vergeet-jou-nie.
Kommentaar
Joan, dis absoluut ruk-aan-die-hart mooi.
Baie dankie, Joan. Dis pragtig.
Sielsmergelend mooi ... in trane geskryf.
Pragtig
Ja-nee. Die onnoembare word nooit genoem nie.
My heart aches for everyone who lost there lives these past months; innocent girls, women for what? RIP prayers from USA.
Raka en Koki.Sy het nie die boosheid sien kom nie en haar skoonheid is verwoes. Ons ween oor die verlies aan onskuld - die land en ons almal s'n.
Wonderskoon en hartverskeurend.
Roerend
Het nie woorde nie.
Oom Piet (die oupa) het nooit kon dink waarvoor sy toonsetting van Boerneef se gedig gebruik sou word nie!
So mooi ...
Hard-treffend, hart-treffend ...
Onverwoordbaar mooi!
Seer
Pragtig Joan
Dankie Joan
Anna ek en Jaco treur saam hier uit Potchefstroom.
So mooi. Dit breek my hart.
Dankie Joan dit is mooi en seer gelyk.
O Here Joan Hambidge, dit is hartverskeurend roerend. En ek tjank, want die skrywe pas ook ons familie, nommerpas. Nooit weer nie ...
My kommentaar kan nie die mooiheid beskryf nie. Dankie.
Dankie ...
Joan, Dankie.
Dankie Joan - God slaap nie, dus berusting. Vir ons.
Genade. Woorde wat mens nie in normale taal durf skryf nie - dis goddelik geskryf.