Graad 11: Wiskunde, Euklidiese meetkunde-toets en memorandum, kwartaal 3

Is jy in graad 11 en wonder jy wie die Euklides was aan wie die term “Euklidiese meetkunde” sy ontstaan te danke het? Dan kan jy na skool dalk by die Departement Antieke Studie aanklop om uit te vind. Terwyl jy nog in graad 11 is, kan jy eers Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel gebruik om jou Euklidiese meetkunde-punte te verbeter.