Graad 9-wiskundevraestel: Junie-eksamen

  • 31

Hier is ’n gratis oefenvraestel ter voorbereiding van die Junie-eksamen.

 

  • 31

Kommentaar

  • Goeie dag.

    Ek tik uit George uit en is dringend opsoek na Maart eksamen vraestelle. Al wat ek vind by die lys van vraestelle wat julle het, is Junie eksamen vraestelle. Dit sluit werk in wat ons nog nie behandel het nie. Sal waardeer as julle terug skakel so gou moontlik met enige verdere nuus oor die Maart eksamen vraestel/le.

    • Goeiedag! LitNet Akademies se skoleafdeling verskaf graag gratis vraestelle en studiemateriaal wat deur kundiges opgestel word, of ons verkry toestemming by onderwysdepartemente wat vraestelle aan ons beskikbaar stel. Ons bied op die oomblik die volgende vraestelle op LitNet aan: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

  • ek opsoek na grad 5/7 en9 vraestelle in afr/eng en wiskunde
    skole is in Gauteng wil graag my klein kinders help om die kwartaal te slag
    dankie

    • Hallo Daleen, dankie vir jou navraag. Hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Ons bied nie noodwendig vraestelle wat gekoppel is aan 'n spesifieke onderwysdepartement nie, maar die vraestelle wat (gratis) hier afgelaai kan word gee vir mens 'n soort breë aanduiding van die werk wat landwyd op 'n spesifieke graad van toepassing is. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

    • Goeiedag, hier is 'n indeks van al die vraestelle wat reeds op LitNet verskyn het. Blaai gerus hierdeur en laai af wat van toepassing is. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

  • Hi Naomi,ek is n baie besorgde Gr9 leerder se pa,my outjie neem behalwe wiskunde op skool,ook ekstra wiskunde klasse ekstern en sy punte bly gehawend,het jy dalk n dokument wat pertinent net die wiskundige formules illistreer?

    • Hallo Leo, hier is 'n indeks van al die vraestelle en memo's wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is gratis en jy kan telkens op die skakel klik om dit oop te maak of af te laai. Blaai gerus deur en soek maar in elk vraestel watter oefeninge van toepassing is. Dit is ingedeel volgens graad en ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

  • Hallo daar.

    My seun doen wiskunde graa 9 tegnies op Daniel Pienaar. Waar kan ek vraestelle met die andwoorde kry sodat hy daardeur kan werk.

    Baie Dankie

  • Hallo

    Ek is graad 9 en sukkel tans om te slaag; waar kan ek ou vraestelle kry waardeur ek kan werk om my te help?

    • Hallo! As jy op soek is na vraestelle en memo's op LitNet, volg hierdie skakel na 'n indeks waar al die vraestelle en memo's op een plek bymekaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/
      Klik op die skakels - dit is gratis aflaaibaar in PDF-formaat. Die inhoud is ingedeel volgens graad en vakgebied en ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by.

      Groete, Naomi, senior inhoudsbestuurder

    • Hallo! Hier is 'n indeks van al die vraestelle en memo's wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai asseblief daardeur om te sien of die vraestelle waarna jy op soek is, daar is. Klik op die skakels en laai die vraestelle gratis in PDF-formaat af. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Anna Margaretha

    Goeiedag, ek wil weet of die webwerf gereeld "ge-update" word, want ek sien die laaste Junie-eksamen-wiskundevraestelle was 2017 opgesit.

    • Dankie vir jou navraag! LitNet se skoleafdeling verskaf vraestelle om met voorbereiding, vaslegging en hersiening te help. Die vraestelle is nie gekoppel aan 'n spesifieke jaartal nie, en ons versoek opvoeders en kundiges om die vraestelle volgende die jongste kurrikula op te stel. Hier is 'n indeks van die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai gerus daardeur om te sien watter vraestelle beskikbaar is. Klik telkens op die skakels om die vraestelle gratis in PDF-formaat af te laai. Hier is nog inhoud om te help in die skoleafdeling beskikbaar: https://www.litnet.co.za/category/skole/. Sterkte met die voorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top