Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

Is jy in graad 9 en gryp jy na jou potlood om vergelykings te bepaal, grafieke op aparte assestelsels te teken, en berekeninge uit te werk en te vereenvoudig sonder die gebruik van ’n sakrekenaar? Hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jou help om die skerpste potlood in die skryfbehoefteshouer te wees. Laai dit gratis hier af en wees slaggereed vir die vierde kwartaal se werk!