Graad 10: Wiskundige Geletterdheidsvraestel en -memo, hersiening

Is jy in graad 10 en spandeer jy gedurende die skoolvakansie eerder tyd in die kombuis as voor jou boeke? Hierdie Wiskundige Geletterdheidsvraestel deur Lee-Ann West kan jou wys hoe om Wiskunde in alledaagse omstandighede te gebruik – soos wanneer jy besig is om resepte uit te werk om kos vir jou maats te maak. (Wanneer die skool weer begin, gaan dit jou ook help. Dan het jy reeds ’n voorsprong met jou voorbereiding vir die laaste kwartaal!)