Geskiedenis in woord en beeld: Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal

Ronelda Kamfer het vroeg vanjaar reeds in die harte van poësieliefhebbers by die Zuid-Afrika Huis geklim. Op 31 Januarie het Carina van der Walt haar debuutbundel, Noudat slapende honde (2008), tydens ’n Leeskring-byeenkoms bespreek. Op 22 Mei was Ronelda self aan die Keizersgracht aanwesig, nie slegs toe sy van haar gedigte aan die studente gelees en verduidelik het nie, maar ook tydens ’n spesiale byeenkoms die aand.