Geregtelike en wetgewende reaksies op seksuele misdade deur en teen kinders in Suid-Afrika en die potensiële gebruik van herstellendegeregtigheidspraktyke

“In hierdie voorlegging word regsprekende en wetgewende reaksies op seksuele misdrywe wat deur en teen kinders gepleeg is, ondersoek. Daar word aangevoer dat tradisionele bestraffende reaksies op verskillende vorme van seksuele misdaad ondoeltreffend is.”