Fanie Olivier (1949–)

“Ek skryf omdat ek iets wil sê. Die bevrediging berus nie vir my in die feit dat ander mense die werk uiteindelik gaan lees nie en, om die waarheid te sê, maak dit nie vir my juis eintlik saak of my naam aan ’n werk gekoppel is of nie. Die bevrediging lê daarin om iets te maak.”