''Ek maak maar ’n gedig wat drup-/ drup van bewondering, ses keer'': Joan Hambidge lees Wilma Stockenström se Die stomme aarde: ’n Keur

“Hierdie bundel het teer oomblikke, en die gevaar van mooiskrywery is iets waaroor die selfdekonstruerende digter bly tob. Daar is in hierdie poëtika altyd sprake van ’n dubbelloop-aksie, van dig en skepties wees oor die effek van die proses.”