Eerste kopoorplanting op pad

  • 13

First Human Head Transplant 'Imminent' After Successful Experiment on Corpse
https://sputniknews.com/science/201711171059190979-human-transplant-corpses-canavero/

Angus, die lewende rekenaar sal dmv ewolusie die mens onderdruk. Nie die rekenaargedrewe robotte nie. Die neiging is om robotika en mens te begin integreer, soos movies se Robocop. 
  • 13

Kommentaar

  • 'n Interessant skakel, maar hoe trek jy die verband tussen kopoorplantings en lewende rekenaars wat volgens jou, dmv evolusie nogal, die mens sal onderdruk? Wie se neiging is dit om robotika met die mens te integreer?
    Ek volg nie wat jy wil sê of hê nie.

  • Hans, jy verkoop mos nou 'n klomp snert as die waarheid. Nie net sien ek geen bewys dat indien 'n dooie hoof oorgeplant is op 'n lyk dat dit sal werk op 'n lewende mens nie (was dit al geslaagd op lewende diere - gaan google vir ons, sal jy), die berig meld ook die volgende: "... Canavero has been known for his repeated claims regarding human head transplantations ..." en "... Canavero did not provide any concrete proof for his claim, but said that "the paper will be released in a few days." Nou ja toe. Mens kan netsowel aanvoer die mens is binnekort op pad Pluto toe ...

  • Hans Richardt

    Nicolaas, jy beweer... Wie beweer moet anderkant bewys van saak, anders verkoop hy sy eie pot snot.

  • Beste Niclolaas,
    Ja, die ding hinder my mos ook. 'n Hartlyer sit en wag totdat hy 'n gepaste skenker kry vir sy hart, maar met 'n kopoorplanting kan ek nie uitmaak wie wag vir wie nie. En is dit nou 'n kopoorplanting, of 'n lyfoorplanting?

    • Hans Richardt

      Angus, hierdie Russiese man het homself al vir twee jaar bereid verklaar, vir sy kopoorplanting, omdat hy voel sy lyf is onbruikbaar.
      Logies gedink, die versoenbaarheid van kop met lyf, bv wat gebeur as skenkerlyf kop verwerp. Ek het die skakel geplaas as inligting.
      In die afgelope drie jaar, was daar nog geen geskikte skenkerlyf nie. Dalk as die familie van 'n breindood pasiënt instem vir so Frankenstein-eksperiment?

  • Hans Richardt

    Angus, wetenskap het sedert 2000 met ligjare ontwikkel. Die tipe rekenaartegnologie gaan iets anders wees as waaraan ons tot dusver gewoond was. Met rekenaars wat se geheue geleer gaan word, soos hond of kleuter, wat konstant self gaan ontwikkel en leer op vorige leerervaringe, sal ons as mense noodwendig deur ewolusie ondergaan, vinniger as oor eeue te vore. Neuromorfiese prosessering-rekenaars sal die mense byna oorbodig maak in bv vervaardigingsbedryf.

  • Beste Hans,
    As die kop 'n nuwe lyf nodig het, is dit mos 'n lyfoorplanting. 'n Frankenstein-gedrog sal dit nooit wees nie. Agtvoetlywe is maar skaars.
    Groete,
    Angus

  • Beste doktor Chris Joubert,
    Wat gaan dan van jou kop word? Begrawe? En wie is jy dan? Jy, of die ou wie se kop oorgeplant is?
    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    So teen die einde van jaar, gaan dinge doller-as-kop-af by werk. So, al my kritici moet net onthou om asem te haal.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top