Eenbedryf-skryfkompetisie deur die Akademie vir Dramakuns (ADK)

  • 2

Die Akademie vir Dramakuns wil skrywers aanmoedig om deel te neem aan ’n Eenbedryf-skryfkompetisie wat die ADK loods.

Hierdie kompetisie vind plaas om nuwe Afrikaanse toneeltekste en skryftalent te bevorder.  Die ADK het hierdie jaar agt produksies op die planke gebring en soek altyd nuwe innoverende toneeltekste!

Skryf, tik of hoes jou hart uit in jou eie 30 minute toneelstuk!

Die wenner wen ’n Samsung P5100 10.1 16GB Tablet en as tweede prys is daar ’n Kindle  (e-reader) te wen!

Inskrywingsvorms is verkrygbaar op adk.org.za of skakel 082 7818032.

Sluitingsdatum: 19 September 2013

  • 2

Kommentaar

  • bettie coetzee

    Iemand sê vir my mens bereken die speeltyd/geskrewe teks volgens minute per getikte, dubbelgespasieerde 12pt font-grootte. Dus, 10 minute ongeveer vir 10 bladsye. Is die berekening korrek.
    Dus 30 bladsye vir 30 minute eenbedryf?
    Iemand anders, ook 'n regisseur in die bedryf, sê nee. Een bladsy vertaal na ongeveer twee na drie minute. Dus 10 bladsye is ongeveer 20 tot 30 minute speeltyd.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top