Dimensies en doelwitte van Rusland se nuwe betrokkenheid in Afrika

“Een van die groot trekpleisters van Rusland se verhoudinge met Afrika is historiese solidariteit. Tydens die Sowjet-tydperk het vele leiers by vername opvoedkundige instellings in Rusland studeer; daar bestaan herinneringe van Rusland se ondersteuning in die stryd vir onafhanklikheid; en daar is ekonomiese hulp aangebied, byvoorbeeld die bou van fabrieke, damme en hospitale en die voorsiening van landbou-implemente, voertuie en wapens. Afrikalande sien Rusland ook as die mees uitgesproke kritikus van Westerse imperialisme.”