Die Zundapp-piskrieke

  • 5

Daar was permanent 'n kompetisie by fietsloodse, wie vinnigste "50" gehad het. 

Ons almal in 1970's het gedroom van mooiste vinnigste "50", wat die "hart" van die skool se meisie "victrix ludorum" sou wen ... Die meisie wat hoofdogter was, met amptelike erekleure in sport, akademie, kultuur en watse boekprys/balkie die skoolraad kon uitdink. 

Hoe onnosel en emosioneel onvolwasse was ons nie, al moes ons die jaar na matriek diensplig gaan doen. 

Die Suzuki, Honda, Yamaha, Kreidler, Zundapp brigades het ook nie-amptelike toestemming gehad om by fietsloodse te rook ... Kassetspelers met harde rock musiek of Bob Dylan as die aanhanger meer "gesofistikeerd" was. 

Love, peace  ens op ou seilrugsakke.

SA rolprentmakers kry nooit die ou idees reg nie, want daar was die rykes (dokters, prokureurs ens) se kinders, die mynbestuurders, mynkapteine, skofbase se kinders, die gewone werkers se kinders en dan ons tipe, wat geen status gehad het nie omdat ons net te arm was en na skool moes werk. 

Ek wonder wat is regtig standaarde en moreel? Wat is die natuurlike norm? Die een wat geld koop of die een van die sterkste oorleef?

  • 5

Kommentaar

  • Ja so is die lewe maar Hans. Ek het in 'n "kleinerige dorp" groot geword, skool gegaan en probeer mens word. In ons dorp was daar ook maar "klasverskille" maar ek kan nie dink dat dit so erg soos deesdae was nie. Ek was 'n enkelouer-kind en is maar gewoonlik by my pelle en die se gesinne se bedrywighede betrek. Ek kan onthou een van die gegoede kinders in die dorp is een dag betrap toe hy 'n liter koeldrank uit 'n kafee uitsmokkel. Sy pa kon seker 10 keffies koop. Ek het trapfiets gery tot op my laaste skooldag. Ek wou self graag 'n piskriek hê, maar is net gesê, oor my dooie liggaam. Net een van jou pelle val sy moer af en dan is die motorfiets-idee in die kiem gesmoor. Ek kan onthou daar was 'n ou wat met 'n Harley by die skool opgedaag het. Die gedierte se ratte het jy met 'n hefboom langs die enjin verander. As jy ouer as 18 was kon jy daardie dae 'n groter fiets as 'n 50cc ry. Ek was net altyd besorg oor die brakke in ons dorp. Van daardie honde het jou maklik van die motorfiets afgehaal. Later jare het ek my eie motorfiets gekoop. Ek het dit agv maritale druk verkoop. Daar is nie sommer iets lekkerder om te ry as motorfiets nie. Treinry kom naby.

  • hans Richardt

    Reusedwerg, wel ek het till geslaan naweke by Checkers vir geld. My eie scooter gekoop.
    Ek wil nie meer motorfietse ry nie, alhoewel ek nog scooter met "topbox" het vir inkopies.
    Die rede waarom ek na piskrieke verwys het, is dat die manne nou BMW's en 4x4's op dieselfde manier koop, tipe van om hul "pecking order" in lewe te wys as Man.

  • Enigiets daarteen dat ek 'n vierwielaangedrewe BMW gekoop het om in en om die Drakensberge mee rond te ry? My bene wil nie meer so ver loop en so hoog klim nie. Ek laat dit maar aan Hans oor om sy Man te bewys met sy skoeter met die toeter.

  • hans Richardt

    Angus, ek probeer op "beskaafde" Afrikaans sommer na "pecker order" verwys. Deesdae gee R650 000 BMW jou groter een, as bv my Ford Laser ... alhoewel ek my ou kar se vyf buitebande en diens met een maand se salaris kan laat doen ...
    Verder is my prostaat nog onder beheer ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top